Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 3 Junie 1970

Voorbladfoto-byskrif: Die pluime het gisteraand in die Veremarksaal in Port Elizabeth gesuis en sierlik oor die hoë nette getrek. Soms so vinnig dat die oog dit nie kan volg nie, dan weer skelm-skelm met ’n haarnaaldbogie hier vlak oor die net om die teenstander rond te jaag en te ontsenu. Pluimbal bly nou eenmaal ’n spel van opwinding. Die Oostelike Provinsie se senior pluimbalkampioenskappe het gisteraand in die stad begin en pluimbal van baie goeie gehalte is gesien. Veral die O.P.-spelers het weer geskitter en gewys dat hulle nie hoef terug te staan nie. Regs bo is Len Cockrell van Tuineklub, ’n voormalige korfbalspeler van die W.P., in aksie. Bo slaan Janet Cornelius van Jansenville-klub die pluim met al haar krag. Janet se man, Wessel, het ook aan die kampioenskappe deelgeneem. Janet en Len is deur O.P.-spelers uitgeskakel. Colin Berrington het vir Len uitgeskakel en Doreen Luppnow vir Janet.

Ossewatrek in gevaar: Die ossewatrek van Port Elizabeth na Bathurst en Cuylerville as deel van die 1820 Setlaarsfees, staan in gevaar om afgestel te word omdat hoefysters nie vir die vier spanne osse gekry kan word nie. Selfs uit Suidwes, waar dit tot onlangs nog gebruik is, kan nie eers ’n voorbeeld van die hoefysters gekry word nie.

Landing kleurvol: Die voorstelling van die landing van die 1820-Setlaars Saterdagoggend, 18 Junie, op Koningstrand, sal een van die kleurvolste ooit wees. Verskeie organisasies word ingespan om die landing so eg en realisties moontlik te maak. Port Elizabeth se Seekadet-eenheid speel die rol van die matrose van die Britse slagskip wat van Simonstad na Port Elizabeth geseil het om met die landing te help. Hulle sal ook eerste aan wal stap om die landingsterrein vir die Setlaars voor te berei.

Nuwe ponie: Die Lambretta-organisasie in Suid-Afrika het nou ’n heel nuwe model van sy bromponies in Suid-Afrika vrygestel. Dit is die model 500 ML. Dieselfde bakwerk as die groter een, wat reeds hier bekend is, word basies gebruik vir die 500 ML.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.