Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
50 Jaar gelede in Die Oosterlig | 8 April 1971

Voorbladfoto-byskrif: Gister was vrouedag op Ellispark by die Suid-Afrikaanse tenniskam­pioenskapstoernooi. Dit het kort voor middagete begin reën, gevolglik kon die vroue wat elke jaar in allerhande gewade by Ellispark hul verskyning maak op die dag, vanjaar nie so lekker pronk as wat hulle graag sou wou nie. Maar baie mans het nie op hulle laat wag nie, soos op die foto gesien kan word. Hier verskyn Stephanie Shilla, Dot Stewart, Sandra Weiner, mnr. K. Louis Burke, Joan Brickhill, mnr. Carlo Spetto, Priscilla de Klerk en Nickay Garstman.

Betaal tol: Die nat toestande van die paaie naby Humansdorp is Maandagnag op ’n sluwe wyse deur ’n paar jong mans uitgebuit. Hulle het onder valse voorwendsels motoriste R10 gevra toe hulle die mense deurgehelp het. Volgens mnr. D.U. (Jackie) de Vos, die man wat reusewerk tydens die vloed verrig het, het hy mense deur ’n verbypad op die Kaap St. Francis-pad oor ’n afstand van 5 km van 5 nm. tot 10 nm. gehelp. Na tienuur het hy gesien dat die verbypad nou begaanbaar is en huis toe gegaan. Dis toe dat die manne hul kans vat om geld te maak. Hulle neem toe vier voertuie en keer die motoriste wat daar wil deurry, voor en sê vir hulle dat die pad onbegaanbaar is en dat hulle deurgesleep moet word. Dit sal hulle egter R10 kos om gehelp te word, want hulle vra R5 vir die diens en die boer oor wie se plaas die pad gaan, moet ook R5 kry.

In die Savoy: Smoke, met Earl Holliman en Ronny Howard. ’n Walt Disney-produksie. Om te sê ’n Walt Disney-aanbieding is volmaakte gesinsvermaak, is eintlik heeltemal logies, want dit is al sy prente en Smoke ook. Smoke is die verhaal van die 14-jarige Chris en sy familie en die hond, Smoke, wat hy uitgeteer in die veld raakloop, gesond maak en as syne wil hou. Dit gaan ook om sy stryd met homself om “grootmens” te word en die stryd om verstandhouding tussen hom en sy stiefvader. Die verhaal self is maar skraal, maar goeie spel, beide van die kindersterre en volwassenes vul die gapings, saam met die gebruiklike goeie tonele en fotografie van Walt Disney-prente.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.