Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
By
Daar waar Daisy dwaal
’n Raps meer as 80 jaar gelede is Daisy de Melker gehang omdat sy haar seun met ­arseen vergiftig het. Het die dekades sedertdien ál haar spore doodgevee? Linette Retief en Chris Miles het hul speurderhoede opgesit.
By die Constitution Hill-kompleks, en Daisy se sel, wat groot genoeg is om “ ’n kat te swaai”.
Die voormalige kinderhospitaal in Hillbrow, waar sommiges meen Daisy alles van gif geleer het.
By die Constitution Hill-kompleks, en Daisy se sel, wat groot genoeg is om “ ’n kat te swaai”.
Simmerstraat in Germiston, waar Daisy saam met haar derde man gewoon het.
Die ingang van die Brixton-begraafplaas, waar Daisy de Melker se eerste twee mans en seun in een graf lê.
By die Constitution Hill-kompleks, en Daisy se sel, wat groot genoeg is om “ ’n kat te swaai”.
Mainstraat, Kensington.

In haar dodesel in die ou Vrouetronk op Constitution Hill ruk en pluk die spook van Daisy de Melker glo van binne af aan die deur as dit na-ure van buite af gesluit word. Van daar af kry haar eter koers na die destydse Transvaal-kinderhospitaal –daarna The Florence Transition Home en nou net The Florence – waar sy glo snags vir kwaadgeld rondhang.

En soos sy glo sweef, skep Suid-Afrika se mees ikoniese moordenares skynbaar meer vrae as antwoorde. Wat ’n mens laat wonder: Is daar dalk iets wat nie op daardie ikoniese gogga-maak-vir-baba-bang-foto’s sigbaar is nie?

  • 1 Junie 1886: Daisy Louisa Hancorn-Smith word op Sewe Fonteine naby Grahamstad gebore as een van 11 kinders.
  • 1903 – 1906: Daisy studeer aan die Berea-verpleegkollege in Durban, maar voltooi nie die kursus nie.
  • Maart 1909: Sy trou met William Alfred Cowle, ’n Johannesburgse loodgieter.
  • Junie 1911: Rhodes Cecil Cowle word gebore, die enigste van die egpaar se vyf kinders wat oorleef.
  • 11 Januarie 1923: William Cowle sterf kort nadat hy Epsomsout gedrink het wat Daisy vir hom berei het. Sy erf £1 795.
  • 1923 – 1926: Daisy werk as vroueportier by die Transvaal-kinderhospitaal in Braamfontein.
  • 11 Januarie 1926: Presies drie jaar ná Cowle se dood trou sy met Robert Sproat, ook ’n loodgieter.
  • 6 November 1927: Sproat sterf ná ’n lang en pynlike lyding soortgelyk aan dié van Cowle, en Daisy erf meer as £4 000, met ’n verdere £560-betaling uit sy pensioenfonds.
  • 21 Januarie 1931: Daisy trou met die wewenaar Sydney Clarence de Melker – ook ’n loodgieter, en ’n voormalige Springbok-rugbyspeler.
  • 25 Februarie 1932: Daisy koop rottegif by die Spilkins Extension-apteek in Kensington onder die voorwendsel dat sy van ’n lastige kat ontslae wil raak.
  • 5 Maart 1932: Rhodes sterf nadat hy siek geword het van koffie wat sy ma vir hom gemaak het.
  • 1 April 1932: Rhodes se lewensversekeringspolis betaal £100 aan Daisy uit.
  • 15 April 1932: Die polisie kry toestemming om William Cowle, Robert Sproat en Rhodes Cowle se oorskot te laat opgrawe nadat Cowle sr. se broer agterdogtig geraak het.
  • 22 April 1932: Daisy word in hegtenis geneem en van moord op die drie aangekla.
  • 17 Oktober 1932: Haar verhoor begin in die Johannesburgse hooggeregshof met 60 getuies vir die staat.
  • 25 November 1932: Daisy word deur regter Greenberg skuldig bevind aan die moord op Rhodes en ter dood veroordeel.
  • 24 Desember 1932: Sy kry kennis daar is geen versagting van haar vonnis nie.
  • 31 Desember 1932: Daisy de Melker word in die Pretoria-Sentraal-gevangenis tereggestel – die tweede vrou in Suid-Afrika wat gehang word. Sy word in ’n armlastige graf begrawe.

  • Daisy Louisa de Melker (geb. Hancorn-Smith) is een van Suid-Afrika se opspraakwekkendste moordenaresse. Sy het waarskynlik twee van haar mans, William Cowle en Robert Sproat, met strignien vergiftig, maar die staat kon dit nie onweerlegbaar bewys nie.
  • Sy is wel die doodsvonnis opgelê vir die vergifting van haar enigste seun, Rhodes Cowle, met arseen.

  • ’n Mens kan die Daisy de Melker-uitstalling daagliks by die Vrouetronk op Constitution Hill in Johannesburg besigtig.
  • Skakel 011 381 3100 of kry besonderhede op www.constitutionhill.org.za.
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.