Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
By
Op die spoor van ’n ander lewe
’n Eg Kaapse misdaadroman (’n Ander mens) deur ’n oud-Kapenaar (Zirk van den Berg) het pas by Kwela verskyn. By het Danie Marais gevra om saam met die skrywer deur Kaapstad te stap na al die plekke waar hy en sy hoofkarakter eens was.
Zirk van den Berg aan die stap deur Kaapstad. Foto: Michael Hammond
Vredenburgsteeg. Foto: Michael Hammond
Skyways-kompleks in Zonnebloem. Foto: Michael Hammond
Voorblad van Zirk van den Berg se 'n Ander Mens.
Restaurant-kafeteria in die Kompanjiestuine. Foto: Michael Hammond

Wanneer dit gaan oor emigrasie dink mense gewoonlik aan die pyn van nostalgie wat daarmee gepaardgaan. Maar veel erger, skryf Milan Kundera in sy essay-bundel Testaments Betrayed, is die pyn van vervreemding: die proses waardeur dit wat intiem bekend was, vreemd en uitheems word.

Die skokkendste, mees verdwasende vorm van vreemdheid, sê Kundera, word nie ervaar wanneer jy ’n onbekende vrou probeer verlei nie, maar wanneer jy ’n vrou weer sien wat eens joune was. Die wesenlike vreemdheid van die wêreld en jou bestaan word eers onthul wanneer jy na jou geboorteland terugkeer ná ’n lang afwesigheid.

Dit is met hierdie passasie in my agterkop dat ek Zirk van den Berg in die restaurant in die Kompanjiestuine ontmoet – nie vir koffie en koek nie, maar om die spore na te loop van twee fiktiewe karakters, Daniël Enslin en die Zirk van ’n vorige, vervloë Suid-Afrikaanse lewe. Want Zirk se merkwaardige misdaadroman, ’n Ander mens, en sy hoofkarakter, Daniël, is so verstrengel met Kaapstad in die 1990’s soos die skrywer self.

Zirk het in 1998 met sy vrou en twee klein kinders na Nieu-Seeland geïmmigreer. Daar het hy Nobody Dies (2004) voltooi, wat goed ontvang is in sy nuwe tuiste. Nou, byna tien jaar later, het dié boek uiteindelik ook in Afrikaans verskyn nadat die skrywer dit self vertaal het.

Dis ’n grys winterdag in die Kaap en dis gepas, want in hierdie restaurant-kafeteria in die Kompanjiestuine* lees Zirk se Daniël die koerant en besef dat Nazla, die meisie wat hy die vorige aand ontmoet het, vermoor is.

“Dié plek,” sê Zirk met ’n droë laggie, “is nou baie skoner. Toe ek laas, iets soos 15 jaar gelede, hier was, was die plaveistene baie ongelyk. Daar was geen tafeldoeke nie en draadstoele wat afskilfer. Die gevoel was baie meer chaoties. Dit lyk nou heel ordentlik.

“Ek het baie jare hier naby gewerk en in my vroeër jare het ek deur ’n geweldige depressie gegaan. (Zirk was in die 1980’s misdaadverslaggewer by Die Burger en in die 1990’s kunsjoernalis. Sy hoogaangeskrewe debuut-kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, het in 1989 verskyn.) Een van my hoogtepunte was om naweke hier te kom appeltert eet en dis wat my karakter ook doen.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.