Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Afrikaanses oor Cyril en politiek

In die eerste aflewering oor die Groot Afrikaanse Meningsopname word grootliks op politieke en ander aktuele menings gefokus. Artikels wat in die komende weke volg, sluit in taalregte, onderwys en mediagebruik, skryf Barnard Beukman.

Grafika: Grafika24

Een van die interessantste vrae wat verlede jaar gevra is – nog volledig in die Jacob Zuma-era – is of die “moontlikheid van Cyril Ramaphosa as president” hoop gee vir die toekoms.

In daardie stadium het 18% van Afrikaanssprekendes hoop daaruit geput en 8% baie hoop.

Altesame 31% was neutraal, 20% was negatief en 22% baie negatief. Nog heelparty faktore uit die staatshuishouding wat moontlik hoop vir die toekoms kan bied, is aan deelnemers gestel. Maar nie een hiervan het die meerderheid se stempel van goedkeuring gekry nie.

Dit sluit in:

  • beperkte termyn van die president – 34%;
  • oppergesag van die Grondwet – 32%;
  • burgerlike organisasies – 32%;
  • onafhanklike regbank 27%; en
  • politieke opposisie 22%.
Waar respondente self kon inskryf wat hulle hoop vir die toekoms gee, is die hoogste faktor God of Christus.

Altesame 14% van die deel­nemers stem volkome saam dat die Grondwet hul regte voldoende beskerm. 51% stem gedeeltelik saam en 23% verskil daarmee, teenoor 12% wat sterk verskil.

’n Afwyking tussen wit en bruin deelnemers is dat 27% van bruin mense hoop put uit regstellende aksie, teenoor die 4% van hul wit taalgenote. Maar 53% van bruin respondente put geen hoop vir die toekoms daaruit nie. 28% is neutraal.

Die kantoor van die openbare beskermer en die tesourie gee elk net 11% hoop onder die totale steekproef.

Waar respondente self kon inskryf wat hulle hoop vir die toekoms gee, is die hoogste faktor God of Christus.

Reeds voor die hernude fokus wat tans op grondhervorming is, het tweederdes van die wit deel­nemers vroeg in 2017 aangedui dit is een van die faktore wat hulle baie oor die toekoms laat twyfel. Nog 14% het ook getwyfel en net 9% het aangedui dit laat hulle nie twyfel nie.

Die kwessie is egter nie so brandend vir bruin deelnemers nie en slegs 38% het dit as ’n ernstige bron van kommer aangedui, terwyl nog 19% daaroor bekommerd is.

Slegs 9% van wit deelnemers meen grondhervorming is noodsaaklik en regverdig, teenoor 40% van bruin deelnemers wat so voel.

Groot Afrikaanse Opname reik wyd

Die Groot Afrikaanse Menings­opname is in die eerste helfte van 2017 gedoen.

Dit is verteenwoordigend van 53% van volwasse Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika – wit en bruin ingesluit.

Vandag verskyn die eerste van ’n reeks artikels oor die peiling, wat deur Media24 se Afrikaanse koerante in samewerking met die Dagbreek Trust gedoen is.

Die volgende artikel verskyn op Saterdag 17 Maart.

Tot soveel as 86% van wit deelnemers meen dit is onregverdig en lei tot onproduktiwiteit; 45% van bruin deelnemers voel ook so. Albei groepe is dit eens dat politieke leierskap asook misdaad en veiligheid die grootste bron van kommer vir die toekoms is – meer as 80% voel so.

Vir wit deelnemers is rassevooroordeel en -diskriminasie op 83% ’n groter faktor wat twyfel oor die toekoms saai as vir die 69% van hul bruin taalgenote. Op 75% is die ekonomie vir almal ’n bron van kommer.

Regstellende aksie, onderwys en tegnologiese omwentelinge is ook gelys.

Wat regstellende aksie betref, meen 47% van wit deelnemers dit is onregverdig, teenoor 18% van bruin deelnemers wat so voel. 30% van albei groepe meen die ekonomie moet getransformeer word, maar regstellende aksie kry dit nie reg nie. Slegs 11 % van bruin deelnemers en 3% van wit deelnemers meen regstellende aksie is noodsaaklik om die ekonomie te stabiliseer.

Een van die grootste verskille in die uitslae is 84% van bruin Afrikaanssprekendes wat aandui hul kinders het beter geleent­hede as wat hulle gehad het; net 38% van die wit deelnemers voel so.

Wit Afrikaanssprekendes het uit apartheid voordeel getrek en moet daarom liewer stilbly en nie die regering kritiseer nie.

En hulle is groter pessimiste oor toekomsvooruitsigte in Suid-Afrika “vir jou en jou geliefdes oor tien jaar”, met 56% wat meen vooruitsigte gaan dán baie swakker wees as vandag. Nog 21% meen dit sal effens slegter gaan. 37% van bruin deelnemers meen dinge sal baie slegter gaan en 31% meen dit sal effe slegter gaan.

Barnard Beukman

“Wit Afrikaanssprekendes het uit apartheid voordeel getrek en moet daarom liewer stilbly en nie die regering kritiseer nie.”

Dié stelling kry slegs 9% ondersteuning onder wit deelnemers, maar 40% van hul bruin taalgenote voel so. Altesame 61% van wit deelnemers verskil sterk met die stelling en so ook 23% van bruin deelnemers.

“Het jy al gevoel dat daar teenoor jou as Afrikaanssprekende gediskrimineer word?”

Hier stem alle deelnemers saam dit gebeur (grootliks in volgorde van belangrikheid) by staatsinstellings (55%), in winkelsentrums, in die arbeidsmark, by universiteite en skole, deur wetstoepassers, in die media en openbare ruimtes, eetplekke en openbare vervoer (wissel van 45% tot 25%).

Nog ’n kwessie waaroor verskil word, is of Donald Trump van Amerika ’n goeie president sal wees. 23% van wit deelnemers voel sterk so en nog 42% stem gedeeltelik saam. Net 16% verskil sterk daarmee, teenoor 43% van bruin deelnemers wat sterk daarmee verskil.

  • Beukman is redakteur van Beeld.
Meer oor:  Barnard Beukman  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.