Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Apartheid ‘wél ’n verdrag-misdaad’, meen kenner

Apartheid was nie volksmoord nie. Dit is as ‘n verdragsmisdaad wél ‘n misdaad teen die mensdom, maar nie in terme van die algemene beginsels van die internasionale reg nie, sê prof. Hennie Strydom aan Murray la Vita. 

Oudpres. FW de Klerk verlede week in die parlement terwyl lede van die EFF hom uitjou. Foto: Jaco Marais

Die oorsprong van apartheid as ’n misdaad teen die mensdom is ’n verdrag, sê Strydom, ’n hoogleraar in internasionale reg aan die Universiteit van Johannesburg.

Strydom is om kommentaar genader teen die agtergrond van die “golf van verontwaardiging” wat heeltemal ontstaan het oor oudpres. FW de Klerk se uitlating dat hy nie saamstem met die VN se verdrag dat apartheid ’n misdaad teen die mensdom was nie.

“Jy het twee hoofbronne van die internasionale reg – óf ’n verdrag óf dit kan ’n misdaad wees in terme van die internasionale gewoontereg, wat na die algemene beginsels van die internasionale reg verwys.”

Misdaad 'gekoppel aan oorlog'

Dit is ’n verdrag wat sy beslag gekry het kort ná die Tweede Wêreldoorlog om die misdade te dek wat deur die Nazi’s teen die Jode gepleeg is.

“In daardie tyd was dit ’n misdaad wat gekoppel is aan ’n gewapende konfliksituasie – die Tweede Wêreldoorlog – maar intussen is dit aan ’n oorlogsituasie ontkoppel. Dit is ’n misdaad wat ook in vredestyd gepleeg kan word.

“Die belangrike ding wat ons hier in aanmerking moet neem, is dat die Verenigde Nasies (VN) reeds in 1974 ’n verdrag vir state se ratifikasie opgestel het.

“So die definisie daarvan, kortweg gestel, is dat dit gaan oor ’n sistematiese en wydverspreide aanval op ’n burgerlike bevolking of ’n deel van die bevolking deur byvoorbeeld moord, marteling, verkragting, gevangenisneming, ensovoorts.

“Apartheid is gelys onder hierdie dade wat ’n misdaad teen die mensdom kan inhou, mits dit voldoen aan die sleutelbegrippe, naamlik dat dit ’n wydverspreide en ’n sistematiese aanval moet wees.

“Die belangrike ding wat ons hier in aanmerking moet neem, is dat die Verenigde Nasies (VN) reeds in 1974 ’n verdrag vir state se ratifikasie opgestel het. Dié verdrag het apartheid per definisie as ’n misdaad teen die mensdom beskryf. 

“Sedertdien het 108 state van die huidige 193 daardie verdrag onderteken. Maar die verdrag is ook só geformuleer dat dit gevalle in ander lande, wat soortgelyk is aan apartheid, kan insluit.”

‘Niemand is vervolg nie’

Prof. Hennie StrydomFoto: Verskaf

Hierdie verdrag is egter nooit gebruik nie, en dit is onseker of die state wat dit geratifiseer het, die nodige wetgewing aanvaar het om hul howe jurisdiksie te gee om wel met ’n klag in terme van daardie verdrag voort te gaan, sê Strydom.

“Niémand van Suid-Afrika is dus nog onder daardie verdrag vervolg nie. En dis hoogs onwaarskynlik dat iemand dit nou, nadat apartheid al 25 jaar afgeskaf is, sal gebruik om te vervolg. Maar die verdrag staan vandag as ’n soort van simboliese veroordeling van die beleid van apartheid.”

Apartheid is later ook gelys as een van die dade wat ’n misdaad teen die mensdom kan wees in terme van die Statuut van Rome wat die internasionale strafhof op die been gebring het.

“Die verdrag is in 1998 gesluit en Suid-Afrika het dit in 2002 geratifiseer. Hierdie verdrag is egter nie terugwerkend nie – jy kan dit nie terugwerkend toepas nie; dit spreek net van dade in die toekoms: Vir Suid-Afrika in 2002 en vorentoe.

Die instelling of die persone wat by die daad betrokke is, moet die direkte opset hê om die uitwissing teweeg te bring van die groepe wat ek nou vermeld het.

“So, in die geval van Suid-Afrika kan dit óók nie gebruik word nie omdat jy dit nie terugwerkend kan toepas nie.”

Apartheid is dus as ’n verdragsmisdaad wél ’n misdaad teen die mensdom, maar nié in terme van die algemene beginsels van die internasionale reg nie.

“Jy het twee hoofbronne van die internasionale reg – óf ’n verdrag óf dit kan ’n misdaad wees in terme van die internasionale gewoontereg, wat na die algemene beginsels van die internasionale reg verwys.”

Volksmoord?

Apartheid “pas nie in by die definisie van volksmoord” nie, sê Strydom.

“Die rede daarvoor is omdat volksmoord ’n spesifieke misdaad of ’n daad is wat gerig op die uitwissing van ’n nasionale, politieke, etniese, ras of religieuse groep is.

“Die instelling of die persone wat by die daad betrokke is, moet die direkte opset hê om die uitwissing teweeg te bring van die groepe wat ek nou vermeld het.

“En daar was geen aanduiding in enige stadium in die apartheidstyd dat dit ’n oogmerk met apartheid was nie. Dit was ’n rassesegregasie – dít was die oogmerk daarmee – en alle middele is in plek gestel om dit te bewerkstellig. Maar daar was in geen stadium ’n direkte oogmerk om enige groep uit te wis nie. So, volksmoord kan ons maar buite rekening laat.”

Meer oor:  Fw De Klerk  |  Misdaad  |  Apartheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.