Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Belê liewer in hittebestande gewasse
Nicola Kuhn

Die jongste verslag van die interregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC) vestig die aandag opnuut op die gevaar as kweekhuisgas-vrystelling nie drasties verminder word om aardverwarming tot 1,5 °C te beperk nie.

Volgens die verslag het ons net 12 jaar oor om dit te bereik.

Een van die grootste bekommernisse is die impak van klimaatsverandering op voedselsekerheid en spesifiek in Afrika suid van die Sahara, waar een uit elke drie mense ondervoed is en die klimaat vinnig warmer en droër word.

’n Deel van die oplossing kan wees om op gewasse te fokus wat hul voedselproduk ondergronds wegsteek. Wortel- en knolgewasse word reeds deur 2,2 miljard mense in meer as 100 lande geëet. Dit is die stapelvoedsel in talle onderontwikkelde en ontwikkelende lande.

Algemene gewasse sluit in aartappels, patats, kassawa en jamswortels – ’n verstommende verskeidenheid eetbare knolle is wêreldwyd beskikbaar.

Algemene gewasse sluit in aartappels, patats, kassawa en jamswortels – ’n verstommende verskeidenheid eetbare knolle is wêreldwyd beskikbaar.

’n Derde (33%) van Afrika suid van die Sahara se landbougewasse bestaan uit knolle en wortels en net 22% uit graangewasse soos koring, mielies en rys. Desondanks kom amper die helfte (49%) van die kalorie-inname van graangewasse en net 19% van knolgroente. Inwoners is dus steeds afhankliker van graangewasse en daarom ook van voedselhulp.

In 2016 moes 28 lande in die streek voedselhulp kry, waarvan 11 omdat graanproduksie afgeneem het weens ’n reeks ernstige El Niño-verwante droogtes en veranderende reënvalpatrone.

In Suid-Afrika het droogtetoestande meegebring dat ons in 2016 mielies moes invoer, waar ons voorheen ’n groot uitvoerder was.

Vanweë hul dieper wortelvertakkings kan dié plante water diep ondergronds gaan haal.

’n Mens kan nie anders as om te dink dat dít die toekoms is nie. des te meer weens onlangse voorspellings dat klimaatstoestande in Suider-Afrika teen 2050 glad nie meer geskik gaan wees vir die aanplanting van mielies nie. Daarenteen voorspel scenario’s vir 2050 dat kassawa skaars beïnvloed gaan word en toestande vir verbouing selfs kan verbeter.

Vanweë hul dieper wortelvertakkings kan dié plante water diep ondergronds gaan haal. Dit verbeter hul vermoë om droogtes te weerstaan en in temperature van tot 35 °C steeds voedselprodukte te verskaf. Dit lyk of dié gewasse floreer in gebiede met hoër koolstofdioksied, wat fotosintese en die toewysing van koolstof ondergronds versnel. Dit lei tot ’n groter opbrengs per hektaar.

Voorspellingsmodelle dui daarop dat dié gewasse beter vaar onder hoër koolstofdioksiedtoestande as mielies, koring en rys. Boonop is dit maklik om knolle te verbou en verskaf dit belangrike vitamiene en koolhidrate.

Die Noord-Amerikaanse variëteit van patats bevat byvoorbeeld uitsonderlik hoë vlakke van betakarotien, ’n voorloper van vitamien A. Dit word toenemend verbou in landelike gebiede in Oos- en Sentraal-Afrika om die vitamien A-vlak van kinders en swanger vroue aan te vul. Dié plante verdien duidelik aandag, maar kry dit ongelukkig nie. In die afgelope 20 jaar is 5,5 keer meer navorsing oor graangewasse as oor knolplante gedoen.

Kosbare geldelike hulp word aangewend om meer droogtebestande graangewasse te ontwikkel, maar dit moet dalk liewer in wortel- en knolgewasse belê word wat reeds hul inherente vermoë bewys het om moeilike toekomstige klimaatstoestande te hanteer.

Kuhn is ’n PhD-student aan die Universiteit van Oxford.

Meer oor:  Droogte  |  Water  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.