Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
‘Bring God terug in skole’

Bring God terug in skole.

Dit was Woensdag die kreet van verskeie geestelikes met wie pres. Cyril Ramaphosa in Pretoria vergader het en waar ’n presidensiële verklaring oor gemeenskapshernuwing onderteken is.

Dit was ook die oproep wat die meeste applous van die sowat 500 aanwesiges – waaronder Christene, Moslems, Jode, Hindoes – by die WNNR se internasionale konferensiesentrum in Pretoria ontvang het.

Hoofman Glen Taaibosch van die Kei Korana- koningshuis het gesê hoe vroeër kinders met geloofswaardes grootword, hoe beter, “want dit bly by jou”.

“Dit maak jou versigtig in jou optrede en leer jou beter dissipline handhaaf.”

Pa’s moet ook aangemoedig word om nouer betrokke te raak by die ontwikkeling van hul kinders.

Vir hom was dit insiggewend dat niemand oor die oproep oor godsdiens in skole beswaar gemaak het nie.

Die verklaring bevat 12 artikels waarin die geloofsleiers onder meer belowe om saam te werk in die bevordering van verdraagsaamheid ten opsigte van onder meer ras en geslag.

Pa’s moet ook aangemoedig word om nouer betrokke te raak by die ontwikkeling van hul kinders.

’n Nasionale strategiese plan sal opgestel word wat die regering beplan om te monitor.

Ramaphosa het gesê dit spruit uit diepe kommer oor die erosie van die maatskaplike orde, rassisme en die afwesigheid van algemene ordentlikheid. Suid-Afrika wyk af van sy “stigtingswaardes”.

Hy het gesê die geloofsgemeenskappe het ’n vormingsrol gespeel in die stryd om bevryding. Die regering het dit “nog altyd” waardeer dat geloofsgemeenskappe leiers op hul tone hou.

Biskop White Rakuba van die Evangeliese Lutherse Kerk het gesê die ekonomie van die land, en dus prysstygings, misdaad en onverdraagsaamheid pla hom.

“Ons is ook bekommerd oor die negatiewe opmerkings tydens die verkiesing.”

Volgens Ramaphosa wys die verklaring hoe bekommerd die regering is oor maatskaplike probleme wat kan vererger indien dit nie opgelos word nie.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Onderwys  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.