Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Byeenkomste van hoop
Grafika:grafika24

Twee heeltemal uiteenlopende byeenkomste onlangs in Johannesburg wat geen sig­bare verband met mekaar het nie, het belangrike elemente van hoop opgelewer. Hoop dat ons tog die woes swaaiende pendulum in Suid-Afrika by ’n sinvolle en opbouende swaartepunt tot stilstand sal kan bring.

Die eerste was die Springbokke se rugbytoets teen Engeland op Ellispark. Die tweede was Lesetja Kgan-yago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, se redak- teurs­ete in Rosebank.

In Suid-Afrika lyk dit daagliks of die openbare diskoers besaai is met erge onverdraagsaamheid, die saai van doelgerig bestuurde verdeeldheid, toenemend opswepende beroepspolitici, asook gereelde voorvalle en aantygings van rassisme.

Op Ellispark – waar ek self was – was die atmosfeer onder Suid-Afrikaners van oor die spektrum heen positief elektries.

Op Ellispark – waar ek self was – was die atmosfeer onder Suid-Afrikaners van oor die spektrum heen positief elektries. Op die veld en in die paviljoen.

Almal het sit en kyk hoe wit en swart spelers foute maak en punte aanteken. En vanuit ’n uiters moeilike situasie saam terugveg om die uiteindelike oorwinning te behaal.

Ná die wedstryd, buite die sta­dion, het duisende mense wat staan en wag het op ’n behoorlike selfoonsein, Uber-vervoer of ander geleenthede die oomblik geniet.

In ag genome kaartjiepryse was dit waarskynlik ’n goed geselekteerde middelklasgroep, maar daar was geen teken van onverdraagsaamheid of spanning nie.

Vreemdelinge het eerder opgewonde gesels oor wat hulle so pas beleef het. Oor hoe dit voel om weer te wen.

Die aanblasers van rassehaat vir opportunistiese redes en die suurknolle wat heimlik gehoop het die Bokke gly, was skoonveld.

Die aanblasers van rassehaat vir opportunistiese redes en die suurknolle wat heimlik gehoop het die Bokke gly, was skoonveld.

Skaars twee dae later het Kgan­yago en sy drie adjunkte – Daniel Mminele, Francois Groepe en Kuben Naidoo – redakteurs en senior sakejoernaliste vir ete ontvang.

Daar het hulle openhartig gepraat en vrae beantwoord.

Die ooreenkoms was dat dit van die rekord af was – in die sin dat daarna verwys kan word, maar niks aan ’n bepaalde persoon toegeskryf kan word nie.

Die Gideonsbende sentrale bankiers se greep op die werklikhede van hul internasionale en plaaslike omgewing is ’n bron van hoop.

Die hoogs ingeligte Gideonsbende sentrale bankiers se indrukwekkende greep op die werklikhede van hul internasionale en plaaslike omgewing is ’n bron van hoop.

Hul rol is uiteraard beperk tot die bank se grondwetlike mandaat en hulle beskik oor geen politieke beheer nie.

Maar die byna ongenaakbare eerlikheid waarmee hulle hul omgewing verken, is uiters positief. En hoewel uitdagings byna oorweldigend is en hulle ook soms magteloos moet toekyk, kyk hulle met fokus vorentoe.

Barnard Beukman

Van die opmerkings wat in van die gesprekke uitgekom het, sluit in: Daar is gewys op die rampspoedige gevolge vir markvertroue as die Reserwebank genasionaliseer sou word (huidige ANC-beleid) en die jare lange regstryd wat dit tot gevolg kan hê;) Daar is genoem dat euforie (“Ramaforie” is nie gebruik nie) vertroue moontlik kan herstel, maar dit bring nie noodwendig ekonomiese groei en beleggings nie. Daarvoor is duidelike planne van die regering nodig en daar moet sigbaar begin word om dit in te stel;) Die manier waarop bemagtiging bestuur word, is nadelig vir doeltreffende dienslewering; en) Grondhervorming wat doelloos aangepak word, kan erg nadelig vir die land wees.

Die siniste sou heelwat teen die twee genoemde byeenkomste kon uitwys as geldige barometers van hoop.

Om Suid-Afrika te laat wegkom van sy groeiende simptome van ’n erg verswakte staat sonder hoop, behoort meer mense dalk in hul alledaagse handel en wandel ingestel te wees op enige geleentheid om ’n standhoudende sentrum van rede in die land te vestig. Sonder om prys te gee wie elkeen is. Want dit is die enigste manier.

Ons verdien beter as politici, meningsvormers of agendagroepe wat hitte soek by vure wat hulle uit die vonke van opstokende wrywing aansteek.

Beukman is redakteur van Beeld.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Finansies  |  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.