Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Cyril vat uiteindelik Nommer 2 se spoor

Cyril Ramaphosa het Sondag uit sy hibernasie ontwaak om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma die stryd om die ANC-leierskap aan te sê. In ’n verwoestende aanval vir hom het hy sy stemtoon effe gelig en ’n geregtelike ondersoek na staatskaping gevra.

Op die ANC se leierskonferensie in 1991 was Ramaphosa ’n jong man wat vir die pos van sekretaris-generaal teen Nommer Een gestaan het. ’n Paar maande voor die tyd het Ramaphosa heftig ontken dat hy belang stel. Maar toe die dag aanbreek, het hy Nommer Een se neus in die grond gevryf en is skouerhoog verhoog toe gedra. Jacob Zuma het sy adjunk geword. Ramaphosa moenie al sy hoop daarop vestig dat die geskiedenis herhaal gaan word nie.

Twee Zumas gaan dubbel die poging verg.

Ja, die man hierbo is ons agbare minister van polisie, wanneer hy tyd kry. Toe sport dié leë blik se portefeulje was, het die Bokke en Bafana sleg begin verloor. Dit het die bloeddruk opgejaag en naweke versuur, maar dit was darem nie ’n saak van lewe en dood nie. Met hom, ’n waarnemende kommissaris wat soos ’n koning op ’n polisieman se salaris leef en die geskorste Valke-hoof gaan Lood weer met die ou sanna langs die bed slaap.

Persone van die week

RAAKVATTER: Prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, wat sê Afrikaners moet deel word van die dekoloniale beweging. Afrikaners/Suid-Afrikaners/Afrikane het baie meer in gemeen as wat ons soms dink.

NAT VADOEK: Ná ’n patetiese seisoen tot dusver het Nollis Marais, Bul-afrigter, darem baie te sê oor die Nieu-Seelandse spanne op pad na Loftus. Wat gaan sy verskonings wees as daar weer nederlae is?

Wilhelm Jordaan, Beeld se rubriekskrywer wat met woorde toor, het lesers aan die rym met sy verset­lirieke. Omdat ons pronkpou Malusi Gigaba die rand so mooi laat versterk, gaan Lood sommer twee boeke weggee.

Die eerste een gaan aan Hans Retief van Pretoria, vir: Red nou ’n nasie / Met radikale ekonomiese transformasie / Vererger ook al ons kwale / Vir ’n vale / Al dieper in ons rommelsituasie.

Die ander een is vir Willem Louw, Centurion, vir: Ek lees in Beeld oor limeriek / Geskryf deur ’n Boer en nie Griek / Die moet jy weet / En nooit vergeet / Dis versvorm sonder ’n briek.

  • Laat waai met die limerieke en nuus aan lood@beeld.com.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.