Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
'Eskom kan kernkrag binne begroting lewer'

Eskom kán ’n kernkragsentrale binne begroting bou, sê dié korporasie se hoofkernkragamptenaar, David Nicholls, aan Hanlie Retief.

Met die Amerikaanse firma Westinghouse (een van die wêreld se grootste kernkragmaatskappye) nou bankrot, glo Eskom steeds kernkrag is die beste opsie vir Suid-Afrika? Die lande wat op die oomblik heelwat en deurlopend kernkragreaktors bou, is China, Indië, Suid-Korea en Rusland. Amerika het vir etlike jare geen kernkragsentrales gebou nie. Lande wat kernkragsentrales bou se kernkragbedryf vaar goed en die lande wat dit nié bou nie, vaar sleg.


Daar is steeds hardnekkige gerugte dat die plaaslike verkrygingsproses net ’n rookskerm is, omdat Suid-Afrika reeds ’n ooreenkoms met Rusland se Rosatom geteken het. Ons het geen bestaande ooreenkoms waarvan ek weet nie.

Ons vra daarin vir die bedryf of dit waarvoor ons in die versoeke vir voorstelle (RFP’s) vra, toepaslik is. Dus: sê julle vir ons wat julle as belangrik beskou. Ons spertyd vir die RFI is 28 April.


Hoe lyk jul tydlyn? Eskom werk met ’n tydlyn wat ons glo redelik is, maar tyd­lyne kan uitrek as goedkeurings byvoorbeeld sloer. As ons egter die RFI’s einde April kry, sal ons dit betreklik vinnig hanteer. Teen die middel van die jaar beoog ons om die RFP’s uit te reik.


Kan Suid-Afrika die proses binne begroting en op tyd bestuur?
Ja.


Hoe gaan julle verseker dat korrupsie nie kostes die hoogte laat inskiet nie? Deur die proses so deursigtig as moontlik te maak. Anders as Medupi en Kusile met hul veelvoudige pakkette, waar ons die ingenieursrisiko van die integrasie gedra het, gaan ons bodproses lei tot ’n maatskappy wat in wese verantwoordelik is vir die hele kragsentrale. Ek kan nie kommentaar lewer oor korrupsie in die algemeen nie, maar in my 20 jaar in die bedryf het ek niks daarvan gesien nie.


Watter impak het die gespanne werkverhouding tussen Eskom en die tesourie? Ons het die afgelope week vergaderings gehad met die nasionale tesourie. Ek glo dat sowel ons as die nasionale tesourie professioneel is, en ek verwag ook niks minder as ’n professionele werksver­houding nie.


Wie gaan baat vind by die kernkragprojek – die internasionale maatskappy wat die kontrak gaan kry of werklose Suid-Afrikaners? Hopelik, soos met meeste kommersiële bedrywighede, die hele sake­ketting.


Is kernkrag die antwoord? As jy koolstofvrye krag in grootmaat wil verskaf, het jy twee kommersiële keuses: groot hidrokapasiteit of kernkrag. Ons het geen groot hidrokapasiteit nie, so kernkrag is die enigste stabiele langtermynopsie.


Is dit nie te vroeg vir kernkrag nie? Ja, ons het dit later eers nodig, maar daarvoor moet ons nou begin. Jy koop dit nie in ’n supermark nie. In 1998 het Eskom gesê dat ons meer kragstasies teen 2007 gaan benodig. Maar ons hét ’n oormaat krag, is gevra, hoekom is dit nodig? Teen 2007 was ons vyf jaar te laat. Die vroegste datum vir die eerste eenheid is 2027.


En die veranderende tegnologie? Ons moet daarna kyk post-2035. Ons het nou tien jaar waar die nuwe Medupi en Kusile inkom, en dan moet ons die verouderde steenkoolstasies vervang. Dit beteken 34 000 MW wat vervang moet word, en dis ’n langtermynproses. Daarna? Wie weet. Ons ondersoek opsies soos die ­modulêre korrelbedreaktor (PBMR).

Meer oor:  Kernkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.