Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Internasionale persoon
Greta Thunberg: 'Hoe durf julle!'

Die 16-jarige Greta Thunberg is ’n Sweedse omgewingsaktivis wat niemand koud laat nie.

Sy word óf bewonder vir haar vurige pogings om die aarde van ’n klimaatkrisis te red. Óf sy ontlok woedende reaksie van diegene wat meen sy is ’n bedorwe brokkie, ’n marionet, of dat sy kinders slaaplose nagte met haar bangmaakstories besorg.

Hoe ook al, sy geniet groot internasionale erkenning sedert sy verlede jaar haar skooldae alleen voor die Sweedse parlement deurgebring het om te betoog vir sterker optrede teen aardverhitting. Sedertdien het sy die leier van ’n globale jeugbeweging geword wat miljoene skoolkinders inspireer om haar voorbeeld te volg. Vanjaar het meer as 2 miljoen leerlinge aan gekoördineerde betogings in talle stede deelgeneem.

Internasionale erkenning vanjaar het tot ’n benoeming vir die Nobelprys vir vrede ingesluit. Sy het ook die gesaghebbende tydskrif Time se lys van die 100 invloedrykste mense ter wêreld gehaal.

Om haar koolstofvoetspoor te verklein, weier sy om te vlieg en reis per seiljag na wêreldberade. Dit was veral haar emosiebelaaide toespraak by die Verenigde Nasies se klimaataksieberaad in September wat die kollig fel op haar woedende aktivisme laat val het.

“Ek moet op die skoolbanke wees! . . . Julle het my drome en my kinderdae met jul leë beloftes gesteel. Hoe durf julle! . . . Julle kom na ons jong mense vir hoop. Hoe durf julle! . . . Ons is aan die begin van ’n massa-uitwissing en al waaroor julle kan praat is geld en feëverhale oor eindelose ekonomiese groei. Hoe durf julle!” het sy ’n gehoor vol wêreldleiers uitgekryt. - Saamgestel deur Ilse Bigalke, meningsredakteur.

Meer oor:  Omgewing  |  Greta Thunberg  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.