Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Is verdeeldheid te erg vir G7 om probleme te pak?

Kan die G7-lande op vandeesweek se beraad gesamentlik hul spiere bult wat kan help om die wêreld se probleme op te los of is daar steeds te veel interne verdeeldheid? vra Natasha Lindstaedt.

Die G7 se eie Mount Rushmore in Hayle, Cornwall, waar leiers van dié lande gaan vergader. Dit is uit e-afval geskep.

Die G7-beraad in Cornwall in Engeland waarvoor Brittanje vandeesweek gasheer speel, is die eerste ontmoeting op regeringsvlak tussen die wêreld se sewe rykste demokrasieë sedert die dae vóór die Covid-19-pandemie.

Brittanje, wat vir die sewende keer die gasheer is, is danksy sy suksesvolle inentingsveldtog in ’n effens sterker posisie as in 2019.

Te midde van die pandemie en die bedreigings van klimaatverandering wat al hoe erger word, ongelykhede en diktators, skep vanjaar se beraad vir die G7-lande ’n diplomatieke geleentheid om ’n verenigde front voor te hou.

Die sewe lande, wat bykans 40% van die wêreld se bruto binnelandse produk (BBP) verteenwoordig, is beslis meer verenig as twee jaar gelede.

Die laaste G7-vergadering in 2019 in Biarritz in Frankryk was oorskadu deur vrae oor eenheid rondom die omgewing en die politiek met moeilike Brexit-besprekings en die VSA se onttrekking aan die Parys-akkoord oor klimaatverandering wat op die agenda was.

Twee jaar later is die Amerikaanse leierskap onder pres. Joe Biden weer verbind tot multilateralisme en meer gewillig om met G7-vennote saam te werk.

Die beraad was grootliks verdeeld met die Franse president, Emmanuel Macron, wat homself weens ’n “ernstige krisis in demokrasie” nie met die gesamentlike communiqué wou vereenselwig nie – die eerste keer in die groep se 44-jarige bestaan wat só iets gebeur het.

Donald Trump, toe die Amerikaanse president, het die gechoreografeerde verrigtinge ontwrig met beledigings wat hy in die rigting van Justin Trudeau, die Kanadese eerste minister, geslinger het. Dit was ná ’n geskil oor handel.

Die konteks was dat Trump die VSA skielik in 2017 aan die Parys-akkoord onttrek het ondanks pleidooie om dit nie te doen nie. Trump se pogings om Rusland – ’n lid van die G-8 tot die anneksasie van die Krim-skiereiland in 2014 – hertoegelaat te kry was ’n ander strydpunt en die fokus op die brande in die Amasone-woud het verdere spanning veroorsaak.

Twee jaar later is die Amerikaanse leierskap onder pres. Joe Biden weer tot multilateralisme verbind en meer gewillig om met G7-vennote oor kwessies rakende handel, klimaatverandering, die rol van Rusland en China in samewerking tussen regerings en die opkoms van outoritêre regerings saam te werk. So, is daar ’n kans dat hulle ’n beter beraad sal hê?

Die Covid-dimensie

Aktiviste van die groep Ocean Rebellion betoog voor die beraad van G7-leiers in Cornwall, Engeland. Foto: Reuters

Die G7-lande sal moet saamstaan om iets aan entstof-nasionalisme te doen. Dit maak die bekamping en beheer van die pandemie baie moeilik.

Hoewel heelwat vordering reeds met die inenting van die burgers van ryk lande gemaak is, is die verspreiding van die entstowwe ongelyk. ’n Burger van ’n G7-land se kanse om ingeënt te word is 77 keer hoër as dié van iemand wat in een van die wêreld se armste lande bly, sê die People’s Vaccine Alliance.

As die stadige pas van die inentings voortduur, kan dit verskeie dekades duur voordat almal in die wêreld ingeënt is.

Die afwesigheid van Brasilië is opvallend.

Die aandag is tans op Indië, wat te kampe het met een van die ergste uitbrekings van Covid-19 in die wêreld en waar die infeksiegetalle veral weens ’n aansteekliker variant skerp styg.

Indië is, soos in 2019 en soos hy ook in 2020 sou wees, is saam met Australië, Suid- Afrika en Suid-Korea as gas na die beraad genooi.

Die afwesigheid van Brasilië is opvallend. Brasilië ervaar ook ’n ernstige Covid-19-krisis (met 12,3% van die wêreld se totale sterftes hoewel sy bevolking net 2,7% van die wêreldtotaal uitmaak). Die Brasiliaanse leierskap onder Jair Bolsonaro het onder skoot gekom omdat hy die situasie vererger deur die ernstige aard van die krisis te ontken.

Hoewel Bolsonaro se insluiting by die G7-gastelys dalk weens sy hiper-nasionalistiese agenda nie produktief sou wees nie, word verteenwoordiging ondermyn as een van die sleutellande in die wêreld se suide uitgesluit word.

Nuwe uitdagings

Rishi Sunak, Britse minister van finansies, voor ’n ontmoeting van ministers van die G7-lande in Londen. Foto: Reuters

Soos altyd is ekonomiese kwessies boaan die sakelys.

Maar omdat die G7-lande van die grootste ekonomieë in die wêreld is, is daar ’n groter erkenning dat die groot verskille in ekonomiese sekerheid oorgespoel het om ’n invloed te hê op gesondheidsekerheid wat op sy beurt weer ’n groot invloed op wêreldwye ekonomiese stabiliteit het.

In ’n poging om iets te doen aan toenemende ongelykheid, het die G7 ’n ooreenkoms oor ’n wêreldwye minimum korporatiewe belasting van 15% bereik. Dié historiese stap het reeds onder kritiek deurgeloop en daar word gesê dat dit gans te laag is om ’n verskil te maak en dat daar geen manier is om die bedryf van belastingtoevlugsoorde stop te sit nie.

Benewens die louwarm reaksie op die verbintenis tot ’n minimum korporatiewe belastingkoers, kan die beraad probleme te wagte wees weens die onvoldoende fokus op omgewingsekerheid en klimaatfondse wat ontwikkelende lande moet help om groen energie te ontwikkel.

Dit is merkwaardig dat die probleme waarmee G7-leiers nou te kampe het, selfs dringender en ernstiger is as dié waarmee die wêreld in 2019 te doen gehad het.

Dit is ondanks die feit dat G7-ministers reeds in Mei ingestem het om nuwe stappe te doen teen fossielbrandstowwe: Op ’n vooraf-vergadering het die G7 aangekondig dat hy die internasionale finansiering van steenkoolprojekte sal stopsit, ’n mandaat uitvaardig dat ondernemings bekend moet maak watter invloed hul bedrywighede op die klimaat het, en meer in skoon energie sal belê.

Maar klimaataktiviste het gewys op die skynheiligheid van G7-lande wat tussen Januarie 2020 en Maart vanjaar meer as $30 miljard spandeer het aan die ontginning van olie, steenkool en gas eerder as om in skoon vorms van energie te belê.

Dit is merkwaardig dat die probleme waarmee G7-leiers nou te kampe het, selfs dringender en ernstiger is as dié waarmee die wêreld in 2019 te doen gehad het.

Oplossings daarvoor sal meer inklusiewe diplomasie, koördinasie en opvolgwerk verg – alles dinge wat die G7-forum gesukkel het om reg te kry.

Ondanks oproepe vir eenheid, pla ideologiese verdeeldheid die G7 steeds en maak dit moeilik om gesamentlik hul spiere te bult. Daar is boonop ’n gebrek aan oorkoepelende leierskap wat daadwerklik werk van sy communiqués kan maak.

• Lindstaedt is 'n professor in die departement regeerkunde van die Universiteit van Essex. Dié artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

Meer oor:  Jair Bolsonaro  |  Emmanuel Macron  |  Joe Biden  |  Donald Trump  |  Amerika  |  Brittanje  |  Brasilië  |  Suid-Afrika  |  Indië  |  Ongelykheid  |  G7-Beraad  |  Ekonomie  |  Klimaatsverandering  |  Covid-19-Pandemie  |  Energie  |  Entstowwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.