Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Koninklike troue bied perspektief
Willie Spies

Die meeste Suid-Afrikaners ouer as 45 jaar onthou nog die koninklike troue van Woensdag 29 Julie 1981. Dit is nou reeds byna 37 jaar sedert die dag waarop die beeldskone lady Diana Spencer met die kroonprins van Brittanje en prins van Wallis, Charles Philip Arthur George, in die St. Paulus-
katedraal in Londen getroud is.

Dit was ’n weekdag in ons winter-skoolvakansie, en al wat skoolkind was, kon die bruilof op die SAUK se destydse TV1-kanaal volg. Nie net skoolkinders het gekyk nie. Sommige ma’s en pa’s het selfs die dag verlof geneem en die sprokiestroue – wat in later jare deur Diana as een van haar hartseerste dae beskryf is – op TV gevolg.

Ek was in gr. 7 en het ook heeldag saam met die res van ons gesin voor die TV gesit. My ma was daar en het vir almal tee en eetgoed aangedra terwyl ons dié stukkie geskiedenis sien afspeel het. Almal was vasgenael voor die TV.

Ons kon darem gaan buite speel het terwyl die onthaal aan die gang was, want die onthaal is nie uitgesaai nie – net die wuif- en fotosessie op die balkon en, teen vroegaand ons tyd, die nuwe egpaar se vertrek op hul wittebrood.

Dit was so in 1981 en dit sal Saterdag ook so wees wanneer Diana en Charles se jongste seun, Harry, met Meghan Markle trou.

Daar is ’n interessante teenstrydigheid in die psige van Afrikaners. Ten spyte van Slagtersnek, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, die Rebellie van 1914, die stryd om Afrikaans se amptelike status, die groot stryd tussen die Natte en Sappe, en Republiekwording buite die Britse Statebond in 1961, bly Afrikaners oor die algemeen gefassineer met die wel en wee van die Britse koninklike familie. Dit was so in 1981 en dit sal Saterdag ook so wees wanneer Diana en Charles se jongste seun, Harry, met Meghan Markle trou.

’n Aspek van die uitsending van die 1981-troue wat die meeste van ons nou al vergeet het, was die invloed van die Equity-verbod op die uitsending van musiek en ander beeldmateriaal waar lede van die groep Equity aan die produksies deelgeneem het.

Die groep het homself destyds ten volle met die anti-apartheidsbeweging vereenselwig en het geweier dat sy produksies op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word. Die gevolg daarvan was dat die TV-uitsendings in Suid-Afrika kort-kort onderbreek is. Ons kon dus nie na die oorspronklike musiek luister nie, maar slegs na opnames van soortgelyke musiekstukke.

Die gevolg daarvan was dat die TV-uitsendings in Suid-Afrika kort-kort onderbreek is.

Dit was hinderlik, maar terugskouend was dit gebeure soos hierdie wat Afrikaners in die besonder, en die wit minderheid in die algemeen, laat besef het die status quo van wit minderheidsregering – wat die oorgrote meerderheid swart mense uitgesluit het van deelname aan verkiesings- en regeringsprosesse – was nie volhoubaar nie.

En dat ons uit pas met die res van die vrye wêreld was.

Dit is vandag ewe hinderlik vir pres. Cyril Ramaphosa, min. Lindiwe Sisulu, Max du Preez, prof. Adam Habib en ander dat Kallie Kriel en Ernst Roets die VSA besoek om die wêreld mee te deel dat die Suid-Afrikaanse regeringsparty die onteiening van grond sonder vergoeding as beleid aanvaar het.

Voorts dat hy volstrek weier om wrede aanvalle op plase, wat weekliks plaasvind en gepaardgaan met marteling, verkragting en doodslag van mans, vroue en kinders, as prioriteitsmisdaad te beskou en te hanteer.

Dit sal inderdaad hinderlik wees vir sommige, maar dit is noodsaaklik. Die ANC se beleidsrigtings het ellende gebring waar dit ook al toegepas is – die Sowjetunie, China, Venezuela, die hele Afrika en onlangs Zimbabwe.

Saterdag sal ons wel ongestoord na die koninklike troue kan kyk, maar nuwe vergrype word teen die minderheid in die vooruitsig gestel waaroor ons nie mag stilbly nie.

Spies is ’n prokureur van AfriForum en betrokke by Pretoria FM.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.