Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘ANC gebruik nie umlungu as ’n rassistiese verwysing’

Ace Magashule koop nie stemme nie, hy gee net goedhartige skenkings, sê Carl Niehaus, wat in die ANC se sekretaris-generaal (SG) se verkiesingskantoor werk.

Carl Niehaus

Wat maak ’n umlungu in Ace Magashule se kantoor? Jy probeer nou die woord umlungu verkeerd interpreteer. Die ANC gebruik nie umlungu as rassistiese verwysing na ’n wit persoon nie.

Die ANC-veterane sê dit is. Dis ’n verwysing na whiteness, ’n consciousness. Toe die SG die opmerking gemaak het (dat mense nie vir die umlungu-party, die DA, moet stem nie), het ek langs hom gestaan, ’n wit man in ANC-klere.

Die veterane verstaan die rassistiese “konteks” as afskuwelik.Hulle interpreteer dit moedswillig verkeerd, want hulle hou nie van die SG nie.

Hoekom hits julle mense aan om op rassistiese wyse hul stem uit te bring? Dit was nie rassisties nie, ook geen aanhitsing teen wit mense nie.

As ANC-veterane dit so ervaar, hoekom sal kiesers nié? Daai mense wat hulself veterane noem, is nie verteenwoordigend van al die veterane nie.

Die vorige ANC-sekretaris-generaal het jou tien jaar terug afgedank nadat jy erken het jy het bedrog gepleeg. Nou het die huidige SG jou gevra om vir hom te werk. Wie het die fout gemaak, Gwede Mantashe of Ace? Ek het nooit erken ek het bedrog gepleeg nie, wel dat ek foute gemaak het. Ek is ook nie afgedank nie, ek het vrywillig teruggestaan.

Hoekom staan Magashule nie terug nie?Ek was segsman, ’n werknemer. Die SG is verkies deur ANC-takke. Hy is nie in die hof skuldig bevind aan enigiets nie. Dit sal ’n verkragting wees van die wil van die verteenwoordigers by Nasrec (ANC-kongres) om te sê hy moet terugstaan op grond van media-aanklagte.

Hoekom dagvaar Magashule nie Gangster State se skrywer nie? Hy het mos gesê hy is besig met regstappe.

Binne twee weke, het hy gesê.Hy is besig met die proses, sover ek weet.

Wanneer gaan Magashule erken hy het die skrywer se 60 vrae vir Gangster State ontvang? Ek weet nie of die SG die vrae gekry het nie. Vra hom.

Gareth van Onselen sê Magashule is gif vir die ANC terwyl hulle stemme werf.Van Onselen moet ’n dag by Ace se verkiesingsveldtog deurbring en sien wat Ace by mense oral in die land kry.

Hoekom het die ANC-steun dan onder geregistreerde kiesers tot onder 50% in die Vrystaat gedaal?Wag en kyk wat gebeur in die verkiesing.

Is die ANC bereid om stemme te koop? Nee.

Maar Magashule word daarvan beskuldig dat hy beeste by die staat gesteel het om steun vir hom te werf. Dis net ’n aantyging en niks anders nie.

En die vrou wat hy verlede naweek met sy verkiesingsveldtog in Philippi R400 in die hand gestop het? Ek was daar. Die vrou het gesê sy het nie kos, geld of werk nie, hy kan in haar yskas kyk – sy het niks. Hy het in die yskas gekyk. Toe gee hy vir haar uit sy sak twee R200-note. Direk daarna het hy vir die ANC se provinsiale leiers gesê ons koop nie stemme nie, maar ons moet mense in nood help.

En so stemme werf? Hy het nie vir haar gesê sy moet vir hom stem nie.

Reg in die middel van die verkiesingsveldtog? Hy het meegevoel vir haar gehad. Moenie die vrou hanteer asof haar stem te koop is nie.

Meer oor:  Carl Niehaus  |  Kruisverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.