Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Cheetahs, lees bietjie hier wat ons van jul pyn dink’

Die land se rugbybase sê dis oor en uit. Hulle wil nie en sal nie en hoef  nie enige vrae te beantwoord oor hul omstrede besluit om die Cheetahs  uit die nuwe Pro-reeks te laat nie.

Ons eerste oproep was na SA Rugby se woordvoerder, Andy Colquhoun, met ’n versoek om met Saru se uitvoerende hoof, Jurie Roux, of die Saru-president, Mark Alexander, te praat.

Colquhoun: Mark en Jurie het albei (die versoek) van die hand gewys op grond daarvan dat die besluit deur die lede geneem is eerder as deur die uitvoerende gesag.

Ons bel Alexander op sy selfoon. Hy antwoord uiteindelik per WhatsApp.

Alexander: Jammer, ek kan nie my foon antwoord nie, want ek is in Wêreldrugby-vergaderings vir die volgende twee dae. As dit dringend is, kontak Andy by die SA Rugby-kantoor.

Rapport: Baie dankie vir die reaksie. Ons wil graag ’n onderhoud doen oor die nuwe Pro-reeks. (Is dit) Oukei as Andy (Colquhoun) dit doen?

Alexander: Perfek.

Ons bel weer vir Colquhoun.

Rapport: Mnr. Alexander sê hy kan nie praat vir die volgende twee dae nie. Hy sê dis perfek as jy dit doen.Colquhoun: Ek kan nie; my baas is Jurie Roux en hy sal nie wil hê ek moet nie. Ek is nie ’n woordvoerder nie.

Colquhoun vra dat ons die versoek op skrif stel.

Rapport: Ons vra vir ’n kort 500-woord-vraag-en-antwoord-onderhoud met Saru. Ons het per WhatsApp met Mark Alexander gepraat wat gesê het hy is . . . in vergaderings vir die volgende twee dae. Ons het toe gevra of jy (Colquhoun) dit kan doen en sy antwoord was: ‘Perfek.’

Colquhoun: Die enigste twee mense gemagtig om namens SA Rugby te praat is die president en die uitvoerende hoof (ek is nie ’n woordvoerder nie). Oor die onderwerp ter sprake (die identifisering van spanne wat deelneem aan internasionale kompetisies) is die saak beslis deur die lede van SA Rugby as ’n kollektief, nie deur die uitvoerende raad of die uitvoerende hoof of enige ander individu nie. Elke lid het ’n mandaat van sy unie en sy eie redes vir hoe hy stem. Hulle is die beste om hul denke te gee oor watter spanne dié internasionale plekke moet beklee. Ek hoop dit is duidelik.

Rapport stuur daarna weer ’n boodskap aan Alexander.

Rapport: Andy (Colquhoun) sê nee, hy wil nie die onderhoud doen nie. Hy sê Jurie is sy baas, nie jy nie, en Jurie sal nee sê. Wat moet ons nou doen?

Alexander antwoord nie en ons volg dit op met nog ’n boodskap.

Rapport: Die Cheetahs-ondersteuners is seergemaak deur die besluit. Is daar niemand van Saru wat die ondersteuners se vrae kan beantwoord nie?

Alexander antwoord steeds nie en ons volg dit op met nóg ’n boodskap.

Rapport: As ons jou die vrae stuur, sal jy hulle in voice noteskan antwoord?

Alexander: Jammer, in strate(giese) sessie en neem aktief deel.

Rapport: Wanneer sal jy beskikbaar wees?

Alexander antwoord weer nie, maar kort daarna reageer Jurie Roux.

Roux: Net om te bevestig dat ons nie verder op dié onderwerp sal reageer nie. Geen aantal WhatsApps aan Mark (Alexander) sal dit verander nie, want dit is ’n SA Rugby-uitgangspunt en daarom sal hy nie verder met jou oor dié saak in gesprek kan tree nie.

Meer oor:  Mark Alexander  |  Andy Colquhoun  |  Saru  |  Kruisverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.