Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Dis nodig, want iemand in gr. 9 het alreeds seks’

Van die mense wat teen die nuwe  seksonderrig-leerplanne gekant is, is pedofiele wat nie wil hê kinders moet bemagtig word nie, sê die onderwys-woordvoerder Elijah Mhlanga.

Elijah Mhlanga
Elijah Mhlanga, die woordvoerder van die departement van basiese onderwys. Foto: Felix Dlangamandla

Hoekom is die leermateriaal so eksplisiet? Dit moet eksplisiet wees want die lewe is eksplisiet. Dié wat so kla, verwar die onderwysersgids met die leerlinge se kurrikulum. Watter een bedoel jy?

Die een met grafiese illustrasies vir gr. 9’s oor hoe om ’n vroulike kondoom te gebruik. Nee, nee, nee, dis nodig, want iemand in gr. 9 het alreeds seks.

Almal? Ja! Kyk na al die swangerskappe in dié ouderdomsgroep. As hulle geweet het hoe om ’n vroulike kondoom te gebruik, sou hulle nie swanger geraak het nie.

Wat van die kinders wat nié reeds seks het in gr. 9 nie? Hulle is ons grootste teiken, want dan kan hulle hulself betyds beskerm.

Het die departement ’n skeer-almal-oor-een-kam-benadering in seksonderrig? (Die Christelike drukgroep) FOR SA kla omdat ons leerlinge bewus maak van gay en lesbiese verhoudings, interseks en transgender, maar dis in ooreenstemming met die Grondwet. Jou kultuur, agtergrond en geloof is nie ter sake nie.

Al verskil gemeenskappe, godsdienste en kulture in ons diverse land radikaal hieroor? Minderhede kan nie dikteer wat die meerderheid moet hê nie. Dit werk nie so nie. Onderwys oor die wêreld heen is dieselfde.

Hoekom dikteer Pretoria vir gemeenskappe watter seksonderrig kinders moet kry? Want ons gemeenskappe het hopeloos misluk hierin. Ouers het ook hopeloos misluk, dit wys elke jaar se statistieke van onbeplande swangerskappe.

Ouers het nie ’n sê nie? Dit gaan nie oor die ouers nie, maar die kinders. As jy grootgeword het in ’n konserwatiewe huis sonder sosiale media of internet, word wakker, ruik die koffie, want jou kinders het toegang daartoe. Ons maak kinders bewus van die gevare van pornografie, seks en seksualiteit en hoe om nie siektes te kry nie.

Maar julle lê nie genoeg klem op seks-weerhouding vir kinders nie? Dis totale nonsens. Die eerste prys is weerhouding. Gaan lees die kurrikulum, moenie derdehandse inligting glo nie. Dié onderwerpe word alreeds in biologie behandel, hoekom kla hulle nie oor biologie nie? Maar omdat dit nou deel is van lewensoriëntering, raak dit taboe, ek verstaan dit nie!

Kan gemeenskappe kies watter dele van dié kurrikulum hulle gebruik? Nee. Seksonderrig is ’n piepklein komponent in lewensoriëntering.

So, skole word verplig om dié leermateriaal te gebruik? Dis al 20 jaar deel van die kurrikulum. Ons het nou net geskrewe lesplanne vir ons onderwysers ontwikkel, sodat onderwysers nie hul eie nagevorste inligting gebruik nie. Só verseker ons dat leerlinge die regte inligting ontvang.

Wat van gemeenskappe wat seksonderrig wil gee in ooreenstemming met die waardes wat hulle graag aan hul kinders wil oordra? Geluk aan hulle, sê wat julle regkry, dan leer ons daaruit. Maar vir die 12 miljoen leerlinge in die staatskole sal ons voortgaan om in te gryp, dis ons verantwoordelikheid. Ons weet, terloops, van die mense wat teen hierdie leermateriaal is, is inderwaarheid pedofiele, hulle weet hierdie kinders sal nou bemagtig wees met inligting wat hulle help beskerm teen hierdie misbruikers.

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Seksonderrig  |  Kruisverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.