Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Dit sal nou baie lastig wees om jou hierop te antwoord’

Toe Black First Land First toegelaat is as politieke party was die party se rassistiese ‘ondertone’ nog nie ’n kwessie nie, sê Mawethu Mosery, adjunk-hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie.

Mawethu Mosery, adjunk uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie (OVK) Foto: JACOB ROOI

Behoort alle politieke partye die Kieswet te gehoorsaam?Ja, dis baie belangrik.

Nierassigheid is ’n grondbeginsel in die Grondwet en Kieswet? Ja, die partye moenie in konflik met die Grondwet wees nie.

Waarom aanvaar die VK dan Black First Land First (BLF) wat net swart lede toelaat? BLF het in hul aansoek, waarby hul grondwet ingesluit is, in 2015 ingedien. Hul registrasie is op grond daarvan goedgekeur, en hul rasse-ondertone was toe nog nie ’n kwessie nie. Ons kan hulle nie nou weier om aan die verkiesing deel te neem as gevolg van retoriek of rasse-ondertone nie.

Maar BLF se grondwet het nie verander van 2015 af nie - steeds geen wittes, net swartes? Ja, maar dit sal nou baie lastig wees om jou hierop te antwoord, die kommissie oorweeg tans die saak.

Die OVK sê BLF se definisie van “swart” is breër as net ’n velkleur, daarom sluit dit nie mense uit op grond van ras nie? Ja.

BLF sê blatant dit gaan vir hulle net oor ras. Hoekom vertolk die OVK dit breër? Met partye se aansoek om geregistreer te word, lees ons wat hulle vir ons gee, nie wat hulle agterna sê nie. Die publiek kan ’n klagte lê by die OVK as ’n party se retoriek hulle benadeel. Hulle kan ook kieshof toe gaan.

Hoekom moet ‘swart’ breër geïnterpreer word? Ek verkies om dit nie nou te antwoord nie, die saak word ondersoek.

Die Afrikaner Kleurling Bewustheidsparty se registrasie is geweier oor hulle ’n slegs-bruines-party is. Hoekom geld ’n ‘wyer’ interpretasie nie vir hulle nie? Ek was nie deel van die assessering van dié party se grondwet nie. Ons stel dit aan die party: Verander jul grondwet of ons keur jul aansoek af. In die geval het ons.

So die OVK het twee stelle reëls? Nee, dieselfde reëls geld vir alle partye.

Waar kom die OVK aan die definisie dat swart ‘breër is as net ’n velkleur’? Ek kan nie nou oor swartheid of BLF praat nie.

Speel julle vir tyd? Dis nie in ons belang nie. Die kieshof is ook ’n opsie vir dié wat dadelik ’n antwoord soek.

Hoekom moet die kieshof uitsluitsel gee oor ’n besluit wat julle self moes geneem het? Nee, ons ontwyk nie ons verantwoordelikhede nie. Soms sal ’n arbiter ’n uitspraak moet maak.

Wanneer beslis die OVK oor die Vryheidsfront se appèl oor BLF se deelname aan die verkiesing? Ek het nog nie ’n datum nie, maar al die sake wat die OVK hanteer, is dringend.Voor die verkiesing? Sekerlik. As die OVK die Kieswet se bepalings verdraai met ’n twyfelagtige interpretasie, hoe kan die land die OVK vertrou vir ’n vry en regverdige verkiesing? Jy vra my ’n moeilike vraag, op grond van ’n sekere persepsie. Die OVK beywer hulle vir ’n vry en regverdige verkiesing. As dit onder ons aandag kom dat spraakvryheid geskend word, sal ons dit ondersoek. Ernstige politieke spanning, intimidasie en geweld sal deur ons aangespreek word.

Weet julle dat die BLF One Settler, One Bullett onlangs voor jul verkiesingskantore gesing het? Ek is nie bewus daarvan nie, en ek dink nie ’n klag daaroor was by ons gelê nie.

Meer oor:  Mawethu Mosery  |  Black Land First  |  Kruisverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.