Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Ek mag boek oor Ace verbrand, dis my eiendom!’
  • In 'n vroeëre weergawe van hierdie onderhoud is 'n aantyging deur Sello Pietersen, woordvoerder van die ANC-jeugliga in die Vrystaat, oor Anton Harber gemaak dat hy glo 'n Stratkom-agent was. Daar is geen basis vir dié stellings nie en dit is verwyder.

Die boek ‘Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture’ hoort op die rak vir sprokiesverhale, sê Sello Pietersen, woordvoerder van die ANC-jeugliga in die Vrystaat.

Ace Magashule. Foto: Alon Skuy

Het jy die boek gelees? Ongelukkig. Skryf: Ongelukkig! ’n Mors van my tyd. Dis fiksie. Dit hoort by sprokiesverhale.

Dink jy, soos jou provinsiale sekretaris, dis ’n duiwelse, satanistiese boek? Dis sy interpretasie.

Jy het die boek gelees, hoekom kan ander nie ook en hul eie menings vorm nie? Ons stem saam almal moet hul eie menings kan vorm, maar ons stem nie saam dat mense hul tyd moet mors met leuens en propaganda nie.

Het mense nie die reg om te skryf en te lees wat hulle wil nie? Ja, ons leef in ’n grondwetlike demokrasie, terloops danksy die ANC. Maar die Grondwet het ook die beperking-op-regte-klousule. As hy bewyse van korrupsie teen kameraad Magashule het, moet hy hom laat vervolg. Haal ons aan: Ons is teen enigiemand wat korrup is.

Hoekom is julle dan teen ’n boek wat korrupsie ontbloot? As jy bewyse het dat Ace Magashule korrup is, gee dit vir die wetstoepassingseenhede. Én die tydsberekening van die boek se verskyning is verdag!

Hoekom? As die boek in Januarie of in Augustus verskyn het, sou ons ons nie eens daaraan gesteur het nie. Maar 30 dae voor die verkiesing – wat is sy oogmerk? Hy wil die ANC-leierskorps diskrediteer . . .

Is dit nie beter vir kiesers om sulke onthullings voor die verkiesing te lees eerder as daarna nie? As dit waar was, ja. Maar as dit leuens is, is dit ’n probleem. Daai nar wat agter Zuma aangegaan het, Sparrow of iets, ek het sy naam nou vergeet, ons het hom net opsygeskuif. Hulle skryf nie eens oor wít korrupsie nie!

Het korrupsie ’n kleur? Swart mense is nie inherent korrup nie. Hoekom skryf wit skrywers nie oor wít korrupsie nie? Want die samelewing word voorgesê dat swart mense korrup is. Baie mense sê dinge oor die ANC, maar ons weet hierdie een (Myburgh) is ’n stratkom-propagandis!

Glo jy in die vryheid van spraak? Ja.

So daar is vryheid van spraak in sekere gevalle, maar nie in álle gevalle nie? Nee. Die vryheid van spraak van daai seun wat dié ding geskryf het, is nie belangriker as die jeugliga se spraakvryheid nie. Ons sê nie hy mag nie praat nie.

Julle wil net sy boeke verbrand? Wat is verkeerd dáármee? Dis nie daai wit seun se boek wat ek wil verbrand nie, ek het die boek gekoop, dis nou mý eiendom wat ek mág verbrand. Hoekom sê julle ons verbrand sy boeke? Julle media hou vol met leuens.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.