Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Gauteng besef nou: Hei, dié slaggate raak ernstig

“Ons was vroeër ondoeltreffend,” sê Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir paaie en vervoer, oor hoekom hulle nou uiteindelik slaggate begin regmaak. 

Jacob Mamabolo

Gautengers was verheug om te sien hoe julle laas naweek skielik slaggate herstel.

Dankie vir die goeie terugvoering. Ek is juis op pad na nog ’n slaggat.

Hoekom nou ewe skielik?

Die media kontak my al van Januarie, Februarie af hieroor – slaggate, slaggate. Dit was weens druk van julle dat ons moes sê: “Hei, weet jy wat, hierdie ding raak nou ernstig.”

Hoekom tree julle eers ná mediadruk op?

Die instandhouding van paaie is tydens inperking gestaak. Baie reën einde Januarie, Februarie het bygedra. Die bestuur van data oor slaggate was (ook) swak, en dis hoekom jy nooit akkurate getalle van die slaggate en die agterstand kry nie.

Hoekom is dit nie vinniger hanteer nie?

Ons was as regering ondoeltreffend. Die koördinasie tussen die provinsie en munisipaliteite was ook sleg.

Gaan die koppe rol daaroor?

Wel, ek glo nie in vingers wys nie; ek glo net in werk. Dis nie vir my om dié wat nie hul kant gebring het nie, te oordeel nie.

Jy is sedert 2019 LUR, so dit het tog onder jou leierskap gebeur.

Ek het in Mei 2019 begin en voorkeur aan taxigeweld en die taxi­bedryf gegee. Ná ses maande as LUR het die grendeltyd begin. Van Junie tot Desember het ons ’n evaluering van die probleme en uitdagings gedoen en in Oktober die Smart Mobility-dokument gepubliseer.

Tussen jul “evaluerings” deur het belastingbetalers maar begin slaggate vul. Ek het jou my tydlyn gegee. Ons hantering daarvan was konsekwent.Onder jou het die paaie se toestand so versleg sommige kan nie eens meer herstel word nie. Hoekom? Dis ’n onregverdige vraag. Die paaie is lank gelede gebou vir baie minder karre.

Des te meer moes hulle in stand gehou gewees het. Baie van die paaie is te oud om herstel te kan word. Die gebrek aan instandhouding kom al jare.

Ons besef nou wat die uitdagings is en doen iets daaromtrent.

Jou departement het R637 miljoen van jul begroting nie gebruik nie. Hoekom?

Dis ’n misverstand. Busse wat ’n subsidie by ons kry, het nie gery nie, so daar was geen uitbetalings nie.

Is die begroting vir die instandhouding en herstel van paaie ten volle gebruik?

Ja. Die meeste paaie wat in ’n slegte toestand is, is munisipale paaie, nie provinsiale paaie nie. Die toelae vir provinsiale padinstandhouding word goed bestee.

In 2019-’20 is net 14% van die beplande tenders goedgekeur. Hoekom?

2019 was ’n politieke oorgangsjaar van een administrasie tot ’n volgende.

Neem dit so lank? Die DA sê dis weens korrupsie en tenderdokumente wat verkeerd ingevul is.

Die Road Transport Infrastructure House (-projek) is juis ontwerp om probleme soos ontwerpbeplanning, die onderverhuring van konstruksieprojekte en die sluiting van projekte te hanteer. Ons het ’n nuwe benadering van samewerking met munisipaliteite om saam die paaie in stand te hou.

Julle het weens interne probleme in Johannesburg nie asfalt aangekoop nie. Hoekom?

Die asfalt-aanleg is pas herstel; die probleem is nou opgelos.

Kan jy mense verkwalik wat sê julle vul nou slaggate, want die munisipale verkiesing is om die draai?

Nee. Ons planne is reeds laas jaar opgestel.

Meer oor:  Jacob Mamabolo  |  Gauteng  |  Kruisverhoor  |  Slaggate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.