Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Gr.1’s in Gauteng wat druip: Dít is wat Lesufi wil doen

Panyaza Lesufi wil iets doen aan die druipsyfer in gr. 1 in Gauteng. Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van onder- wys, sê hulle ondersteun hom.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basies onderwys. Foto: Argief

Wat is die nasionale druipsyfer vir gr. 1-leerlinge? Die nasionale syfer kan so hoog soos 100 000 wees.

Wil Lesufi skole nou dwing om gr. 1’s deur te druk vir ’n beter slaagsyfer? Nee. Hulle druip weens ’n gebrek aan ondersteuning en oorvol klasse.

Hou Lesufi by sy beloftes om die reuseagterstand in skole-infrastruktuur uit te wis? Daar word op hierdie huidige oomblik skole gebou, daar is ’n katalogus van nuwe skole. Maar elke keer as Lesufi planne vir ’n nuwe megaskool onthul, word dit ’n advertensie vir ouers in ander provinsies om hul kinders Gauteng toe te stuur.

Is dit nie maar net weer die departement se gewone “oplossing” vir enige probleem nie: Verbeter die statistieke deur die slaagvoorwaardes te verlaag? Nee, ver daarvan. Enige ouer wat so dink, het nie die minister gehoor toe sy die matriekuitslae aangekondig het nie. Sy het gesê ons staar ons nie vas teen statistieke nie. Daar is ’n hele mandjie aanwysers wat aantoon of die skool die leerlinge genoeg ondersteun.

Hoekom is daar soveel vyfjariges in gr. 1 wat nie skoolgereed is nie? Dit gebeur net met uitsondering. My kind was 17 in matriek en op 20 het sy reeds ’n graad. As die kind die skoolgereedheidstoets slaag, kan hy/sy vorder na gr. 1, maar dit is net in uitsonderlike gevalle.

Dit gebeur egter nie net in uitsonderlike gevalle nie. Onthou daar is vyfjariges in skole, maar hulle is in gr. R.

En die vyfjariges in gr. 1? Gee my die statistiek. Ek het dit nog nie gesien nie. As hulle in gr. 1 is, moes hulle gr. R deurgekom het.

Dis nie wat in die praktyk gebeur nie. Vergelyk dit met ’n motor wat ’n snelheidsperk oorskry. Dis die lewe, dis nooit perfek nie. Dis hoekom daar ’n regering is wat wette afdwing.

Is daar amptelike skoolgereedheidstoetse vir gr. 1? Ons is nou besig om gr. R in skole te formaliseer vir vyfjariges en jonger. As jy gr. R deurkom, is jy reg vir gr. 1.

Hoe weet die departement gr. R-leerlinge eet, sing en slaap nie net nie, soos Lesufi self sê? Daar is ongelukkig nêrens ter wêreld ’n perfekte stelsel nie.

Duidelik ook nie in Gauteng met sy 21 000 druipelinge in gr. 1 nie? Gauteng is nie verteenwoordigend van die res van die land nie. Gauteng het unieke omstandighede met leerlinge vanuit Afrika en die res van die wêreld.

U sê wel die getal druipelinge in ander provinsies stem waarskynlik ooreen met Gauteng? Die amptelike syfers is nog nie beskikbaar nie.

Hoekom mag kinders net een keer in elke skoolfase druip? Toe ek 30 jaar terug op skool was, was dit reeds die beleid. Navorsing toon dit help nie om ’n kind ’n graad te laat herhaal nie. Die kind moet bykomende ondersteuning by die skool en tuis kry.

Wys dié 21 000 druipelinge nie dat Le­sufi se houding jeens moedertaalonderrig geboemerang het nie? Lesufi bepaal nie beleid nie, dit word nasionaal bepaal.

Wys dit nie hoe noodsaaklik moedertaalonderrig in die grondslagfase is nie?Die minister sê moedertaalonderrig is noodsaaklik, dis hoekom leerlinge in die Oos-Kaap eksamens in hul moedertaal skryf. Dit gaan uitgebrei word.

Meer oor:  Elijah Mhlanga  |  Kruisverhoor  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.