Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Hulp met kwytskelding beteken nie hy kry dit nie’

Ronald Lamola, minister van justisie, kies nie kant deur die FeesMustFall-veroordeelde Kanya Cekeshe by te staan in sy aansoek tot presidensiële kwytskelding nie, sê Chrispin Phiri, Lamola se woordvoerder.

Stem jy saam met die minister van vervoer, Fikile Mbalula, dat Kanya Cekeshe vrygelaat moet word, wat dit ook al verg? Nee, maar dis nie dat ons nié saamstem (met Mbalula) nie.

So, wat is dit nou? Ons sê net dat ons aanbod om FeesMustFall-aktiviste by te staan in hul aansoek tot kwytskelding ook mnr. Cekeshe geld.

Behoort iemand wat ’n polisievangwa aan die brand steek presidensiële kwytskelding kry? Wel, nie vir die brand van ’n polisievangwa nie, misdaad bly misdaad. Maar ’n presidensiële kwytskelding neem die omstandighede in ag.

Hoekom? Adv. Shamila Batohi (hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag) sê studente moet die gevolge dra. Om ’n vangwa te brand met mense binne-in is ’n ernstige misdaad? Almal moet die gevolge dra vir misdaad. Maar onthou, Cekeshe het reeds twee jaar van sy vonnis uitgedien. Dis nie asof hy skotvry daarvan afkom nie.

Agt jaar, waarvan drie opgeskort is. En boonop het Cekeshe sy misdaad erken. Landdros Theunis Carstens sê die aansoek om appèl het geen verdienste nie? Die landdros het ook geargumenteer die omstandighede was buitengewoon.

Maar sy aansoek om appèl geweier. Om vir iemand te sê jy mag aansoek doen om presidensiële kwytskelding is nie om te sê ons stem saam met jou gedrag nie.

Ons wil hom en ander FeesMustFallers wat dink hul omstandighede verg spesiale oorweging bystaan in hul aansoekproses.

Hoe kan ’n justisie-minister skaars ure ná ’n landdros se uitspraak die regbank ondermyn? Dis nie ondermyning nie. Dis ook nie te sê dit sal toegestaan word nie, want ’n presidensiële kwytskelding vereis wye vooraf-konsultasie.

Hoe kon die minister twiet hy sal Cekeshe dringend met sy aansoek help as hy nie Cekeshe se motivering vir kwytskelding gesien en daaroor gekonsulteer het nie? Sy regspan het vroeër met die minister gepraat en gevra of presidensiële kwytskelding ’n opsie is.

Het die minister nie reeds kant gekies nie? Hy het nog nie eens die aansoek onder oë gehad nie? Die departement van justisie administreer elke aansoek om presidensiële kwytskelding. Ons help enigeen daarmee. Dis nie om kant te kies nie. Die minister maak ’n aanbeveling op grond van die feite tot sy beskikking, dit is uiteindelik die president se besluit.

Was die minister onbewus daarvan dat al die kanale in die regsproses eers gevolg moet word voor presidensiële kwytskelding in aanmerking kan kom? Mense het die keuse, jy kan besluit jy het nie genoeg geld om te appelleer nie, litigasie is immers nie goedkoop nie. So, dis van pas om die proses uit te wys, en dan kan die persoon besluit of hy deur die regsproses wil gaan.

Versterk die ministers se twiets nie die indruk dat die reg geplooi kan word deur magshebbers nie? Dis nie plooiing nie, presidensiële kwytskeldings is deel van ons grondwetlike stelsel.

Watter boodskap gee dit aan die oorwerkte vervolgers van die NVG wat in elk geval net by uitsondering FeesMustFallers wat die wet oortree het vervolg het? Die NVG-hoof het gesê sy en die minister het ’n goeie werkverhouding, die minister ondersteun die NVG ten volle. Om vir iemand te sê hy kan aansoek doen om kwytskelding beteken nie hy gaan dit kry nie.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Kanya Cekeshe  |  Fees Must Fall
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.