Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Kategories gestel: ‘Die DA is ’n verenigde party’

Dis nie magshonger of die aandrang op ’n swart premier wat hom genoop het om hom in die Wes-Kaap verkiesbaar te stel nie, sê Mmusi Maimane.

Mmusi Maimane Foto: Melinda Stuurman

Wie het jou genader om vir die premierskap te staan? Die DA se grondwet laat my toe om op enige lys te wees. Die Wes-Kaapse leierskap het my genader. Ek is nie by magte om te sê wie, wat en wanneer nie.

Dit was nie jou eie besluit nie? Nee. Dis niks vreemds nie, Helen Zille het dit ook al gedoen.

Maar Alan Winde was duidelik die voorloper – was julle nie tevrede daarmee nie? Geensins, ek het volle vertroue in al die kandidate. Al motivering was om te kyk hoe die Wes-Kaap die beste in die verkiesing kan vaar.

Met ’n meerderheid bruin kiesers, het ’n wit premierskandidaat ’n beter kans as ’n swart kandidaat? Sulke stellings is gevaarlik. Dit sê: swart en wit mense stem net vir hul eie groep. Volg jy dié roete, kan jy netsowel die demokrasie opskort.

Maar jy wil die DA in die Wes-Kaap laat groei? Ja, ek wil, maar nie oor my velkleur nie.

Het die Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, daarop aangedring dat die premierskandidaat swart moet wees? Die DA-projek is een Suid-Afrika vir almal. Ons is verenig oor waardes, nie ras nie.

My vraag was: Het Madikizela aangedring op ’n swart premierskandidaat, ja of nee? Nee. Waar kom dít vandaan?

Dis nie die rede hoekom jy genader is om premier te word nie? Ek verwerp dit kategories.

Mense sê die kanse raak al hoe skraler dat die DA die ANC onder 50% gaan druk in die verkiesing – en dis hoekom jy ’n veilige premiersjoppie in die Wes-Kaap wou hê? Totale snert. Ek kan net lag daaroor. Laat ek byvoeg: Ons navorsing wys die ANC is kwesbaar in Gauteng en die Noord-Kaap.

So waarom oorweeg jy nie eerder die Gautengse premierskap nie? Dis ’n valse aanname.

 Jy word beskuldig daarvan dat jy magshonger is. Ek stel dit kategories: Ek is nog nooit gedryf deur magsposisies en titels nie.

Was jou besluit om terug te staan weens die kritiek dat dit ’n taktiese fout sou wees? Absoluut nie. Inteendeel, van die partylede het sterk daarop aangedring dat ek moet staan. Dit was my eie besluit om nie te staan nie.

Was jou besluit om terug te staan weens die kritiek dat dit ’n taktiese fout sou wees? Absoluut nie. Inteendeel, van die partylede het sterk daarop aangedring dat ek moet staan. Dit was my eie besluit om nie te staan nie.

Hoekom bedaar die interne konflikte nie in die DA nie? Wat het geword van die goed geoliede party wat veronderstel is om rasioneel op te tree? Dit is nie ’n verdeelde DA nie, maar ’n groeiende party wat uitdagings links en regs moet hanteer. Die DA het sy interne verskille, maar dit word in liberale tradisie gedebatteer.

Wat van die uitgerekte onverkwiklike De Lille-sage? Dit het te lank aangegaan, ek stem saam. Maar ek het toegetree en dis nou opgelos.

 Sal julle die verkiesing kan ingaan as ’n verenigde DA, sonder om heeltyd vure dood te slaan? Die party is verenig. Met die nege provinsiale kandidate gereed, verskuif die fokus na ons verkiesingsveldtog.

Op sosiale media is steeds die kritiek dat die DA nog in wese ’n wit party is. Nonsens. Die DA se diversiteit is ons sterk punt, maar ook die maklikste aanvalspunt: O, die wit mense beheer die DA. O, die swart mense doen dié en daai. Om diversiteit te koester, is die moeilike pad. Rassepolarisasie is maklik.

* Lees ook Waldimar Pelser se rubriek.





Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Wes-Kaap  |  Da  |  Premierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.