Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Mense verstaan wysiging aan Grondwet verkeerd’

Hulle soek steeds konsensus, sê dr. Mathole Motshekga, voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee wat die Grondwet se onteieningsklousule wil herskryf.

Dr. Mathole Motshekga, ’n lid van die grondwetlike hersieningskomitee. Foto: Argief

Wat sê die ANC se nasionale uitvoerende komitee oor die art. 25-wysiging?Die mag om grond te onteien en die vergoeding te bepaal, moet by die uitvoerende gesag lê. Maar ons is ’n veelparty-demokrasie, daar moet konsensus wees.

Is jul standpunt nie maar net om ’n faksie in die ANC tevrede te stel nie? Alle politieke partye het faksies. Ons stel nie belang in interne gevegte nie, ons verteenwoordig alle Suid-Afrikaners.

Het julle dié hewige reaksie voorsien op die voorstel? Dié saak is van nasionale belang en nie net partypolitiek nie. Ons sal nie eensydig besluite neem en ons sienings op enigeen afdwing nie.

Is daar nie reeds konsensus bereik ná maande se breë konsultasie nie? Dit was net die begin van ’n proses.

Hoekom het julle die wysiging gepubliseer as die proses nou eers begin? Kragtens parlementêre reëls moet dit gepubliseer word voordat die proses kan begin.

Ons moes seker maak dis ’n konsensus-dokument, maar het die deur oopgehou vir partye om hul bydraes te maak.

’n Plekhouer-wysiging ná ’n vals konsensus? Nee, elke proses moet ’n begin hê.

Was die ANC ooit ernstig oor dié wysiging? Ons was ernstig, dit was inklusief. Die partye het nou iets konkreets om te bespreek.

’n Wysiging waarvan die kernelement gaan verander? Ons het die parlementêre wetskrywers gevra om die wysiging te skryf.

Geen party was by die skryfproses betrokke nie. Ons het dit toe bespreek en ek het saamgestem dis ’n goeie vertrekpunt.

Hoekom het julle eers tot 5 Desember daarmee gewag? Dis die parlementêre skedule.

Maar sedertdien was daar geen koukusvergaderings vir die LP’s om ’n mandaat by hul partye te kry nie? Interne konsultasie verskil van party tot party. Al die partye en belanghebbendes het ooreengekom dat die wetsontwerp gepubliseer moet word.

Hoe kan julle verwag dat die publiek in so ’n kort tyd oor die feestyd kommentaar lewer op ’n wysiging waaroor die ANC intussen ’n U-draai gemaak het? Mense verstaan dit verkeerd. Die ANC het bloot voldoen aan die parlementêre versoek dat alle partye voorleggings doen. Die ANC was bloot eerste, vanweë die lekgotla.

Probeer julle nie dié wysiging deurjaag vir die Maart-spertyd sodat dit gereed kan wees vir die ANC-konferensie in Junie nie? Dis wel vir die einde-Maart-spertyd, maar ons is ’n veelparty-demokrasie. Dalk sê die ander partye ons het meer tyd nodig.

Gaan dié nuwe kinkel nie grondhervorming verder vertraag nie? Dis die ANC se voorstel, kom ons hoor wat sê die ander partye.

Jy sê om dit aan die howe oor te laat, sal nog 25 of 30 jaar neem, dis te lank? Ja.

Tog sê die konstitusionele hof dat die gesloer met grondhervorming die regering se skuld is, nié die Grondwet, howe of landswette s’n nie? Ek stem saam met die regter. Maar jy kan nie die howe die ondersoekers maak nie, hulle moet dispute beslis. Die regering het die landmeters, streeksgrondeisekommissarisse, dis onregverdig teenoor die howe om dié werk te doen. Dit druis in teen die skeiding van magte.

Meer oor:  Mathole Motshekga  |  Grondonteiening  |  Grondwet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.