Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Moedertaalonderrig: ‘Ons wil dit dalk uitbrei’

Al hoe meer swart akademici steun moedertaalonderrig. Dr. Stephen Taylor van die departement van basiese onderwys erken hy stem gedeeltelik met hulle saam...

Pres. Ramaphosa sê elke tienjarige kind moet teen 2030 met begrip kan lees. Waarom kan hulle nie reeds nie? Daar is baie redes, soos onvoldoende voorskoolse leer, te min leesaktiwiteite tuis, die gebrek aan ’n leeskultuur in die land, ’n tekort aan leermateriaal in Afrikatale en die feit dat leesvaardighede nie voldoende onderrig word nie. Onderwysers kort ook meer steun...

So, wat is jul plan? Ons voorgenome leesprogram vir die vroeë grade is gegrond op ingrypings (onder meer gestruktureerde lesplanne, materiaal in Afrikatale en professionele hulp aan onderwysers) wat leesuitkomste aantoonbaar verbeter.

Is dit genoeg? Baie ander van ons inisiatiewe om die aanleer van leesvaardighede te verbeter, sal ook help.

Maar ouers moet ook inspring. Ons kort ook beter vroeëkinderontwikkeling en meer uitgewers en skrywers wat ’n ryk bron van Afrikataalboeke vir kinders skep.

Prof. Mamokgethi Phakeng, visekanselier van Ikeys, sê kinders vaar so sleg in wiskunde omdat hulle nie in hul moedertaal onderrig word nie... Ons stem gedeeltelik saam, hoewel om te sê kinders leer nie in hul moedertaal tel nie, is ’n oorvereenvoudiging. Die onderrigtaal vir die meeste kinders in die eerste drie grade is hul moedertaal. Vanaf gr. 4 skakel die meeste kinders oor na Engels.

’n Saak kan wel daarvoor uitgemaak word dat ’n later oorgang (teen gr. 5, 6 of 7) beter uitkomste kan oplewer, en die departement ondersoek dit, maar dit sal ’n langtermynprojek moet wees.

Watter tale gebruik onnies in werklikheid? Onderwysers in alle primêre grade maak in ’n wisselende mate gebruik van sowel moedertale as Engels in die wiskundeklas. Dit is moontlik waar, soos sommige navorsers betoog, dat onderwysers meer gebruik moet maak van meertalige strategieë. Die departement ondersoek dit en moedig dit aan.

Doen julle verdere navorsing oor moedertaalonderrig? Ja. Dit gebeur in verskeie werkstrome, insluitend die leesstudie vir vroeë grade en die ontwikkeling van leesnorme en -standaarde vir die Afrikatale.

Prof. Phakeng sê om moedertaalonderrig te beperk tot die grondslagfase is nie in pas met die regering se beleid om veeltaligheid te bevorder nie... Ons beleid laat wel toe dat moedertaalonderrig plaasvind verby die grondslagfase, en die departement verken maniere om veeltaligheid deel te maak van die strategie oor die grade heen.

Onderwyskenners het in ’n ope brief aan die president gewaarsku dat die oorgang van Afrikataalsprekers in gr. 4 na Engels of Afrikaans hulle benadeel. Ons het kennis geneem van die brief en werk aan ’n antwoord. Ons is deeglik bewus van die gr. 4’s se uitdagings en ons ondersoek maniere om hul oorgang te ondersteun, om blootstelling aan Engels voor gr. 4 te versterk, om die leesfondament in die moedertaal van die kind in gr. 1 tot 3 te versterk en om moedertaalonderrig verby gr. 3 te verleng.

Stem u saam dat ons skoolstelsel te swaar op Engels steun, terwyl skole eintlik meertaligheid moet aanmoedig? Dit is waarskynlik ’n billike opsomming.

Die huidige klem in die departement en die sektor op die ontwikkeling van leermateriaal en leesvaardighede in Afrikatale kan gesien word as ’n implisiete erkenning daarvan.

Meer oor:  Kruisverhoor  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.