Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Nee, ANC wil nie pensioene en spaargeld vat, maar . . .

Hy verkies vrywillige beleggings veel eerder as dat pensioenfondse gedwing word om staatseffekte te koop, sê  Enoch Godongwana, die ANC se hoof van ekonomiese beleid.

Enoch Godongwana, voorsitter van die ANC se subkomitee vir ekonomiese transformasie. Foto: Argief

Gaan die ANC private en openbare pensioenfondse plunder om die skuld van sukkelende staatsondernemings soos Eskom en die SAL te delg? Nee, allermins. Daar is geen manier hoe jy pen­sioene en ander spaargeld kan vat nie. Ons wil hê pensioene en spaargeld moet verstandig belê word om die toekoms van pensioentrekkers te beveilig. Sonder pensioene gaan hulle uiteindelik ’n las op die fiskus wees.

Is voorgeskrewe bates – om pensioenfondse te dwing om in staatsondernemings te belê – nou amptelike ANC-beleid? ’n Resolusie is by Nasrec geneem dat ons dit moet ondersoek en as strategie oorweeg.

Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, sê haar grootste kommer is wie dit ondersoek, want die ANC het nie ’n ekonomiese breintrust nie, net ’n regering gefokus op interne faksiegevegte? Wat het dit te doen met voorgeskrewe bates? Hoe kan sy so sê?

Volgens Bloomberg het R70 miljard die afgelope ses maande landuit gevloei. Sal vae uitsprake oor planne van voorgeskrewe bates nie dié uitvloei vererger nie? Niks is vaag nie. Ons is besig om inligting in te samel en geen finale besluit is geneem nie.

U het wel vroeër verwys na voorgeskrewe bates? Nee, ek het nie. Joernaliste skryf wat hulle wil, nie wat ek vir hulle sê nie.

Wat het u gesê? Ek is gevra na die moontlikheid van ’n IMF-ingryping, en toe sê ek daar is genoeg spaargeld in Suid-Afrika, ek kan nie verstaan hoe mense kan dink die IMF is nou al ’n opsie nie. Die regering leen elke Dinsdag geld by plaaslike markte, dit was nog nooit ’n probleem nie. Dis in elk geval beter om plaaslik te leen as by die IMF of Wêreldbank, want jy leen in rand, sonder die wisselkoers-gevaar.

En jou mening oor voorgeskrewe bates? Laat ek dit duidelik sê: Ek verkies die vrywillige veel eerder as gedwonge roete om staatseffekte te koop. Suid-Afrikaanse pensioenfondse en fondsbestuurders sal vrywillig in staatsondernemings en infrastruktuur van die staat belê as dit aanloklik genoeg is.

Die R6 000 miljard in die batebestuursbedryf kan die regering se skuldprobleem wegvee? Dis wat ek sê, en ek praat nie net van pensioenfondse nie. Versekeringsmaatskappye hou van staatseffekte as langtermynbeleggings.

En as daar geen beleggersvertroue meer is in staatseffekte nie? Mense sal altyd belê as daar ’n gewaarborgde opbrengs op beleggings is. So, hoekom sal dit opdroog?

Wel, omdat ons skuldlas te groot raak. Net deur dit te sê, is sensasioneel.

Maar Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, sê ons is nie ver van chaos of IMF-ingryping nie. Sê vir hom ek stem nie met hom saam nie. (Lag) Mense gaan IMF toe oor betalingsbalansprobleme, ons is ver daarvan af.

Jonas sê pres. Cyril Ramaphosa kan die ANC red óf die ekonomie, nie albei nie. Kyk, hy is nie tans aktief in die ANC nie. (Lag) Die redding van die ANC is interafhanklik van die redding van die ekonomie. Solank die ANC onstabiel is, sal dit oorloop in die ekonomie.

Voordat die regering voorgeskrewe bates of ’n IMF-ingryping oorweeg, moet die skuldlas van die staatsondernemings nie eerder opgelos word nie? Dis presies wat die regering nou doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.