Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Ons moet verlore skape oortuig om terug te kom’

Die DA wil by kiesers hoor wat verkeerd gegaan het met hul veldtog en glo vas dat hulle reg opgetree het in Schweizer-Reneke, sê die party se voorsitter, Athol Trollip.

Atholl Trollip. Foto: Carla-Lee Dorfling

Hoekom sê jy kiesers moet diep nadink oor die DA se swak uitslae? My woorde was kiesers moet diep nadink oor hoekom die meerderheid steeds ANC gestem het, ná 25 jaar van plundering.

Hoekom was die DA se eerste reaksie om kiesers wat nie weer DA gestem het nie, af te maak as “rassenasionaliste”? Dis verkeerd, ek sê ons moet die Bybelse voorbeeld volg en die verlore skape, die verlore seun, probeer oortuig om terug te kom.

Maar voel jou kollegas wat sê dis “good riddance” dieselfde? Dis uiters agterlik en arrogant om jou eie kiesers te blameer omdat hulle nie vir jou stem nie.

Hulle was tien jaar lank goed genoeg vir die DA, maar nou sê julle dis ’n “winning loss”? Enigeen in die DA wat sê dié kiesers hoort nie in die party nie, is totaal onverantwoordelik.

Gaan dié wat so sê aanspreeklik gehou word? Ja. Dis onaanvaarbaar.

Geen noemenswaardige groei onder swart kiesers nie, ’n verlies aan wit steun – behoort koppe in die leierskorps nie te rol nie? Sou dit die geval wees, sal daar kwalik mense in die regering wees. Mense maak foute, en dit moet reggestel word. As foute herhaal word, moet daar gevolge wees.

Mmusi Maimane aanvaar persoonlik verantwoordelikheid vir die uitslag, jy sê dis ’n kollektiewe verantwoordelikheid – dit klink soos ’n tipiese ANC-verduideliking. Moenie woorde in my mond lê nie. Maimane aanvaar verantwoordelikheid. Ek ook. Maar ons nege premierskandidate en provinsiale leiers was deel van die veldtog.

Gaan niemand aanspreeklik gehou word vir die DA se swak uitslae nie? Ons gaan die provinsies besoek en met kiesers praat, ons wil uit die perd se bek hoor wat verkeerd gegaan het.

Waar was die beslissende leierskap in Schweizer-Reneke? Waarvoor moes Maimane die DA-jeugleier (Luyolo Mphithi) gedissiplineer het? Waarvoor moes Maimane die DA-jeugleier (Luyolo Mphithi) gedissiplineer het?

Die foto wat Mphithi getwiet het as kwansuis rassisties, sonder om eers die feite te kry? Daar was niks verkeerd met Mphithi se twiet nie. As jy sê die foto is onaanvaarbaar in Suid-Afrika in 2019, die segregasie van kinders is onaanvaarbaar, wat is verkeerd daarmee? Hy het nooit gesê sy is ’n rassis nie. Ons het nie soos die ANC en EFF oor heinings geklim, gedreig om die skool af te brand en ouers en kinders geïntimideer nie. En wie maak die regses die sondebok? Mphithi. Ná die verkiesing het Barkhuizen gesê sy is in die gelyk gestel. Sy was deel van die VF Plus-poging om Mphithi te beswadder.

Dra die DA geen skuld aan die 760 stemme wat julle daar verloor het nie? Dit sou beter gewees het as ons met Elana Barkhuizen self kon praat. Sy het nie gereageer op Mphithi en my se versoeke nie. In die VF Plus se veldtog het hulle gesê Mphithi is ’n rassis. Daar is geen bewyse dat enigiets wat hy gesê het rassisties is nie.

Is Helen Zille en jul eie plaaslike raadslid verkeerd as hulle sê jul hantering van die situasie laat veel te wense oor? Dis hul standpunt, ek het myne. Die kwessie is kwaadwillig oordryf. Dit het ons stemme gekos.

Stem jy saam met dié wat sê die VF Plus is rassenasionaliste? Hulle is beslis ’n nasionalistiese organisasie vir hoofsaaklik wit Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners. Dit maak van hulle ’n rasse-nasionalistiese organisasie.

Meer oor:  Atholl Trollip  |  Da  |  Kruisverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.