Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: ‘Ons wil weg van sypaadjie, maar waarheen gaan ons?’

Hy is nie ’n boef nie, hy is ’n Moses, sê JP Balous, leier van die vlugtelinge wat die afgelope drie maande in en om die Sentrale Metodistekerk op Groentemarkplein in Kaapstad plak.

Geen wêreldstad kan dit mos bekostig dat sy ekonomie gevange gehou word deur vlugtelinge wat op sypaadjies in die middel van die sakedistrik plak nie? Suid-Afrika het as ’n amptelike hervestigingsland verantwoordelikhede teenoor vlugtelinge. Wat doen die regering hieromtrent?

Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm julle, dis julle wat nie die wette gehoorsaam nie? Wie het die wette gemaak? Mense. As iemand jou haat, maak hy ’n wet wat jou onderdruk. Ons wil weggaan van hierdie sypaadjies, maar waarheen stuur hulle ons?

Hoekom keer julle nie terug na waar julle voorheen gebly het nie? Ons besit geen eiendom in Suid-Afrika nie.

Maar julle was nie haweloos nie? Ons het gevlug van die wetteloosheid in die gemeenskappe waar ons gebly het. Hulle dreig nie net om ons dood te maak nie, hulle maak ons dood, en niemand vervolg hulle nie.

Hoe kan julle toesien dat vroue en kinders vir maande in sulke haglike omstandighede leef? Dink jy ons het steeds ons ou huurplekke ná al hierdie maande? En dra die regering nie by tot misdaad as mense teruggestuur word na die gemeenskappe van wie hulle vir hul lewens gevlug het nie?

Beknoei jy nie die situasie nie? Jy verdraai vlugtelingvrees om Kanada toe te gaan? Nee. Ek werk vir myself en ek moes alles los om my gemeenskap te dien. Toe Moses sien sy mense kry swaar het hy als gelos om hulle te dien.

Hoe kan julle verwag die SA regering moet julle in Kanada of Namibië help hervestig? Ons vra niks van die SA regering nie, hulle het nog nooit enigiets vir enige vlugteling gedoen nie.

Maar julle verwag dit? Nadat die sogenaamde minister van binnelandse sake met die Namibiese regering gaan praat het, het die Namibiërs gesê hulle gaan ons nie aanvaar nie.

Die minister noem jou en jou medeleiers boewe. Die aantygings van die minister stel my teleur. Maar dié wat weerloses en onderdruktes aanval, sal altyd dié wat vir die onderdruktes opkom, afmaak as misdadigers.

Tog het jy eerw. Chris Nissen van die Menseregtekommissie (MRK) aangerand? Ek het nie aan hom geraak nie. Hy het eers gesê dis ek, maar nadat hy die video’s agterna gesien het, het hy gesê dit was iemand anders. Hulle wou my reputasie skaad.

En hom met die dood gedreig? Nee, ek is nie so dom om hom met die dood te dreig nie. Gaan kyk na sy geskiedenis, hy is self ’n kroek.

Die MRK het julle probeer bystaan, hoekom stuur julle hulle weg? Dis nie hulp nie. Vlugtelinge word sedert 2008 vermoor, waar was die sogenaamde Menseregtekommissie die hele tyd? Hulle het nog nooit gevra dat die skuldiges aangekla moet word nie. Hulle onderhandel met ons, net om later vir ons te kom sê wat agter ons rug besluit is.

Die MRK beskuldig jou en jou medeleiers van blatante oneerlikheid. Bewys waar ek gelieg het vir my mense. Ek is lojaal en eerlik, dis hoekom my mense agter my staan.

Maar julle baklei onder mekaar? Jy is in hegtenis geneem weens beweerde aanranding en Papy Sukami, die ander leier, vir diefstal? Toe Papy in die hof gevra is wie is sy leier, het hy gesê dis Mr JP (Balous).

Meer oor:  Kruisverhoor  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.