Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Ouditeur-generaal: Nuwe wet sal ons voortaan help

Suid-Afrikaanse munisipaliteite sak al hoe dieper weg in die moeras van finansiële wanbestuur – net 18 uit die 257 het skoon oudits ontvang. Die rede hiervoor kan toegeskryf word aan ’n gebrek aan leierskap, sê Kimi Makwetu,  ouditeur-generaal.

Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal.

Wat is ’n skoon munisipale oudit? Dis ’n ouditverslag wat wys die munisipaliteit was deursigtig met finansies, het transaksies volgens voorskrifte gedoen en kan geverifieerde dokumente voorsien en rekenskap kan gee van die besteding van geld. Dis die primêre vereistes vir ’n skoon oudit.

Hoekom verminder die munisipaliteite wat skoon oudits kry? Die meerderheid ignoreer die voorgeskrewe wette, soos dié wat verband hou met verskaffingskettingbestuur.

Hoe voel u oor die slegter situasie? Dis presies hoekom ons dit ons prioriteit gemaak het dat die parlement ons wet wysig. Die nuwe Wet op die Ouditeur-generaal moet help om die groeiende neiging van straffeloosheid te beëindig.

Hoe gaan dit sake help verbeter? Dit gee ons bindende remediërende stappe. As wesenlike onreëlmatigheid vasgestel is, is die ouditeure verplig om ’n spesifieke aanbeveling te maak. Die nuwe wet maak voorsiening dat ’n skuldsertifikaat uitgereik kan word aan verantwoordbare amptenare.

Moontlike misdadige optrede kan na ’n agentskap soos die Valke verwys word vir ondersoek.

Wie moet die grootste skuld kry vir die agteruitgang? Die leiers van die instellings. Niemand anders nie. ’n Burgemeester het ’n raad. Hulle moet toesig hou oor die aktiwiteite van die munisipaliteite waar hulle in beheer is. Die misbruik en wandade geskied in die afwesigheid van verantwoordelike toesig.Die munisipale vakbond Samwu sê 30 munisipaliteite kan nie salarisse betaal nie. Kan ons meer verwag?Die gebrek aan verantwoordbaarheid vir die bestaande bronne laat verhoog die kans dat ander ook die rooi vlag gaan hys. Dit teen die agtergrond van ’n tesourie wat onder druk is en nie geld beskikbaar kan maak vir allerhande behoeftes nie.

Waarom het amptenare oor die jare skotvry daarvan afgekom? Die situasie by baie munisipaliteite is wel oor die jare heen as deel van presidensiële proklamasies na die spesiale ondersoekeenheid (SOE) verwys. Die SOE is veronderstel om dit te ondersoek.

Daar was altyd proklamasies oor die munisipaliteite. Ons implementeer wel tans die Wet op die Ouditeur-generaal, maar dis op 1 April 2019 onderteken; ons kan dit nie terugwerkend voor 30 Junie 2018 toepas nie.

Van die personeel van die OG se kantoor het al dreigement e ontvang. Hoekom gebeur dit? Dit kan wees oor ’n kombinasie van goed. ’n Persoon wat besef ons is besig om verkeerde dade uit te snuffel wat voorheen nie raakgesien is nie, word gewoonlik senuagtig. Hulle weet hulle misbruik bronne.

Van hulle pas intimidasie toe sodat hul wandade nie by ons uitgelig kan word nie.

Sommige dreig, en ons vra ons mense om verslae op te stel oor dreigemente sodat ons dit kan ondersoek. Ons open sake by die polisie, maar dit word dieselfde gehanteer as ander misdade. In een geval in Emfuleni, Gauteng, is daar op ’n junior rekenmeester geskiet.

Hoe kan die verslegtende situasie verander? Sterk leierskap, wat nie self by wandade betrokke raak en afgepers kan word nie. Dis die begin. As dit bestaan, sal ander vlakke van leierskap die voorbeeld volg.

Meer oor:  Kimi Makwetu  |  Korrupsie  |  Munisipaliteite  |  Oudit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.