Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Kruisverhoor: Pandor aan Zindzi: Jy het perke ver oorskry

Sy het die ambassadeur Zindzi Mandela voor stok gekry oor haar rassistiese Twitter-tirade, sê die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Naledi Pandor.

Naledi Pandor. Foto: Daily Sun

Hoe het u die probleem met die ambassadeur Mandela hanteer?Ek het ’n gesprek met haar gehad. Ek het haar gevra wat het aanleiding gegee tot die woordewisselings wat gepubliseer is. Sy het gesê dit het begin met ’n opmerking wat sy oor grond gemaak het op haar Twitter-rekening. Sy het reaksie daarop gekry wat sy beskou het as ’n baie aggressiewe en giftige reaksie wat op neerhalende maniere op haar ouers gereflekteer het. Dit het haar kwaad gemaak en sy het daarop gereageer op die maniere wat gerapporteer is.

En wat het u daarop gesê? Wel, ek het haar daarop gewys dat ons ’n sosialemediabeleid het en dat ek van al ons diplomate verwag om hulle daarby te hou. En dat ek voel haar opmerkings was nie binne die perke van ons sosialemediabeleid nie. Ek het vir haar gesê dat sy baie seker moet maak dat alle kommunikasie op sosiale media op die peil moet wees van die aansien wat sy as ’n diplomaat geniet. Ek het haar daaraan herinner dat sy Suid-Afrika verteenwoordig en dat sy ’n hoë standaard van kommunikasie en taalgebruik moet handhaaf, selfs oor sake waaroor sy sterk gevoelens kan hê.

Sy het nie ontken dat sy die opmerkings gemaak het nie? Nee, sy het glad nie ontken dat dit sy was wat die opmerkings op Twitter gemaak het nie. Ek het vir haar gesê ek dink sy het die perke ver oorskry van wat as diplomaties beskou word. En ek het haar gevra om ons beleid hieroor na te kom, sodat ek nie verplig word om teen haar op te tree nie.

Beskou u die saak dus as afgehandel? Wel, ek wil met die direkteur-generaal hieroor gesels om te hoor of ons al vantevore sulke voorvalle gehad het en hoe dit hanteer is. Dit is die eerste keer dat ek met so iets hier te doen kry. Afhangende van my gesprek met hom sal ek besluit of dit nodig is om nog iets daaraan te doen. Ek sal natuurlik ook ambassadeur Mandela se reaksie fyn dophou ná my gesprek met haar.

Dit lyk asof sommige van die twiets wat sy geplaas het, sedert Maandag verwyder is? Ek weet niks daarvan nie. Ek kry verslae van die amptenare in die departement en volg ook berigte in die media. Sommige lede van ons span het die twiets dopgehou, maar ek self het nie. Haar verduideliking was dat sy etlike maande lank die onderwerp was van beledigende en neerhalende opmerkings oor haar ouers, veral oor haar ma. En omdat haar ma oorlede is op ’n tydstip wat vir haar voel asof dit nog taamlik onlangs is, het sy gereageer op maniere wat sy meen dalk te sterk was. Maar sy meen daar was ekstreme provokasie daarvoor.

En hoe het u daarop gereageer? Wel, soos ek gesê het, ek het met haar gepraat op grond van wat sy getwiet het en hoe dit gerapporteer is, terwyl ek eintlik maar min weet van wat ander mense gesê het en waarop sy gereageer het. Maar nogtans voel ek, en ek het haar daarop gewys, dat sy as ’n diplomaat ’n bepaalde posisie beklee, wat beteken dat sy nie sommer net kan reageer nie. Ek het haar aangeraai dat indien sulke situasies in die toekoms weer opduik, sy ons kommunikasieafdeling daarvan moet sê. Dan kan ons besluit of ons namens haar moet reageer, of dalk vir haar ’n raamwerk opstel van hoe sy kan reageer.

Die enigste verwysing verlede Vrydag (die dag waarop die Twitter-storm losgebars het) na Zindzi Mandela se ouers wat Rapport kon opspoor, was iemand wat getwiet het dat haar pa, oudpres. Nelson Mandela, nie sulke goed sou sê nie. Daar was egter ander erg rassistiese reaksies van deelnemers aan die Twittergeveg wat sy ontketen het. – Red.

Meer oor:  Zindzi Mandela  |  Naledi Pandor  |  Denemarke  |  Ambassadeur  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.