Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
KYK: Zimbabwe bengel tussen demokrasie en militarisasie

Is dit waar dat Zimbabwe se militêre ekonomiese elite nie verwyder sal word deur 'n verkiesing nie? David B. Moore stel ondersoek in.

Emmerson Mnangagwa word ingehuldig as die tweede president van Zimbabwe. Foto: EPA-EFE/Aaron Ufumeli

Emmerson Dambudzo Mnangagwa se inhuldiging as Zimbabwe se tweede president en opperbevelhebber van dié land se gewapende magte, het die mag voltrek vir die hoof begunstigde van die staatsgreep in November verlede jaar wat Robert Mugabe uiteindelik gedwing het om uit te tree.

’n Mens wil dink aan die Zimbabwe-kenner en aktivis Brian Raftopoulos se opmerkings op ’n openbare vergadering by die Universiteit van Kaapstad vyf jaar gelede. Terwyl almal gewonder het wat sou gebeur in die weke voor die uiters gebrekkige Zimbabwiese verkiesing in 2013, het Raftopoulos as volg geargumenteer:

“Zimbabwe se militêre ekonomiese elite – ’n nuwe kapitalistiese klas wat in ’n vroeë stadium tot stand gekom het – sal nie verwyder word net deur ’n verkiesing nie.”

Mnangagwa se volgende vyf jaar as president mag wys hoe hierdie voorspelling waar word. Sy plakkate het belowe hy sal die nuwe land vir Zimbabwiërs gee waarna hulle smag, maar dié belofte hang in die lug. Die klassieke dinamiek oral in die politiek – die wisselwerking tussen militarisasie en demokratisering – bly ’n probleem.

Raftopoulos se waarskuwing dat ’n “vennootskap om militaristiese stappe te verhoed” nodig was in 2013, mag nou meer toepaslik (en moeiliker) wees as ooit tevore. Die vooruitsigte vir die nuwe verkiesings in 2023 (behalwe in die geval van grondwetlike veranderinge – wat moontlik is omdat Zanu-PF se LP’s ’n tweederdemeerderheid in die parlement het en hulle dus die mag het om dié dokument te verander) kan gevaarlik wees.

Dit is, en sal baie meer wees, as ’n stryd tussen twee partye en hul hoof protagoniste. Dit sal wees tussen toenemende demokratiese deelname – beginnende by die klassieke voorskrifte vir vrye en regverdige verkiesings – of ’n sekuriteringsproses wat baie minder onderduims is as vantevore.

Dit is die belangrikste punt om in ag te neem oor Zimbabwe se langtermynvooruitsigte. Die ander is skuiwe binne Zanu-PF self, die dinamiek binne die MDC-Alliansie en wat gebeur in die ekonomie.

Die Zimbabwiese opposisieleier Nelson Chamisa.Foto: EPA-EFE/Yeshiel Panchia

Die MCD-Alliansie

Ná die grondwetlike hof se beslissing wat Mnangagwa bevestig het as die “behoorlik” verkose president, het die leier van die MDC-Alliansie, Nelson Chamisa, voorgestel dat hy en Mnangagwa ’n ernstige gesprek moes hê wat sou lei tot die einde van Zimbabwe se nalatenskap van gewelddadige en beknoeide verkiesings.

Dit is steeds ’n ope vraag of so ’n bespreking sal lei tot ’n koalisieregering, of die ruimte sal skep vir ’n faksie-gedrewe MDC-alliansie om sy volwaardige plek in te neem as ’n lojale opposisie en om te begin herbou.

Intussen vrees baie binne die MDC-alliansie en sy ondersteuners dat die Zanu-PF-masjien gereed is om hulle permanent uit die weg te ruim.

Sy swak ervaring tydens die “regering van nasionale eenheid” tussen 2009 en 2013 mag dalk indruis teen ’n herhaling. Maar die wyer behoefte om die nuwe regime te beskerm teen militarisering is dalk iets om in gedagte te hou.

Die waarskuwingsnota aan die MDC-alliansie oor enige nuwe bedeling mag dalk wees: Moenie vergeet jou ernstig gebroke party en sy bondgenote moet met jou saampiekel nie en moenie oorhaastig wees om jou vyande binne die party opsy te stoot nie.

Intussen vrees baie binne die MDC-alliansie en sy ondersteuners dat die Zanu-PF-masjien gereed is om hulle permanent uit die weg te ruim.

Tweespalt in Zanu-PF

Wat baie te doen het met die bogenoemde en wat dalk die sleutel inhou vir die toekoms is Zanu-PF self. Die stryd tussen Mnangagwa en die visepresident Constantino Chiwenga word dalk oordryf, maar die tragiese moorde van 1 Augustus het dit in strak reliëf geplaas.

Weet niemand in die regering dan wie die betogers en die onskuldige omstanders geskiet het nie? Kon Chiwenga regtig sê nuus oor die skietery was “fopnuus” en durf hy beweer die MDC-alliansie ontplooide kaders het geskiet om ’n verleentheid vir Zanu-PF te skep?

Nadat hulle daar aangekom het en begin moor het, het die geweld en die afbrand van motors gevolg.

In elk geval, ’n militêre eenheid het inbeweeg, omdat – só sê die staat – die polisie nie die geweld kon beheer nie. Mense op die toneel het egter getuig dat die polisie en die betogers ’n vriendelike ontmoeting gehad het, wat insluit selfies en ’n gedansery. Toe kom die soldate daar aan.

Die joernaliste wat daar was, sê die mans met gewere was die presidensiële wag, onder Chiwenga se beheer. Nadat hulle daar aangekom het en begin moor het, het die geweld en die afbrand van motors gevolg.

Een ontleding wil dit hê dat hierdie tragedie Zimbabwe se parallele state ontbloot het. Verder het die senior soldate pas hul aftrede uitgestel. Miskien het Mnangagwa se Freudiaanse glips by sy inwydingstoespraak – toe hy versuim het om sy visepresident te erken – sy innerlike begeerte aan die lig gebring om van Chiwenga ontslae te wees.

’n Mens kan net hoop dat die beloofde kommissie van ondersoek sal opdiep wat gebeur het en vinnig die probleem sal takel.

The Patriot, een van die gebroke regerende party se media-mondstukke, werp lig op sommige party-propagandiste se denke oor demokrasie en menseregte. “Die ontmaskering van die Beradingsdienste-eenheid” (’n lank gevestigde bron van steun vir gewonde demokratiese aktiviste, sowel as ’n nieregeringsorganisasie) verf ’n prentjie van dié beradingseenheid en ander menseregte-organisasies wat “fopverslae” skryf om “stamgebondenheid en geweld aan te vuur om ’n regeringsverandering teweeg te bring”.

Slegs woorde? Indien hulle in koeëls verander sal Zimbabwe ’n aansienlike terugslag beleef.

Die ekonomie: Is daar hulp van elders?

Die verrinneweerde ekonomie is ’n tydbom. Daar is geen werklike geld nie en ’n enorme aantal werkloses wat vassit in die onbestendige “informele sektor”, indien hulle nie ’n brandarm plattelandse bestaan voer nie. Die situasie is so mislik dat hulle maklik omgekoop word om te stem – met meel en gesubsidieerde pryse vir hul mielies, gerugsteun deur intimidasie deur die hoofmanne.

Hulp van elders is dalk ook nie op hande nie, of dit help nie. Die regeerders se faux pas teen die betogers het selfs sy mees toegewyde ondersteuners in die wyer wêreld bekommer, en selfs sy verhouding met die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank in gevaar gestel. Die “Weste” het die effe minder rigiede kelk van die swaar verskuldigde armlandstatus voor Mnangagwa se finansiële burokrate laat bengel. Selfs al word Zimbabwe beskou as “te ryk” vir die makliker skuldverligtingspakkette wat met dié status gepaardgaan, het hul wel breedweg daaroor geskimp. Dit is betwyfelbaar of hierdie fluisteringe nou sal luider word.

Zimbabwe sal weer ’n maklike teiken wees vir die cowboys van die ooste én van die weste.

In elk geval, soos wat die burgerlike samelewingsaktivis Takura Zhangazha geskryf het, die IMF en die Wêreldbank se beleid is jammerlik ontoereikend vir Zimbabwe se probleme: Dit is hoogs onwaarskynlik dat die arm meerderheid opgehef sal word tot ’n beter lewe onder hul beskerming.

Wat betref private belegging: Zimbabwe sal weer ’n maklike teiken wees vir die cowboys van die ooste én van die weste.

Zimbabwe is in ’n onsekere posisie. Sy onmiddellike toekoms hang in die weegskaal. Die garing van die demokrasie moet verdik word. ’n Mens hoop die kroniek van sy ondergang kan nie voorspel word nie.

*Dié artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

*Moore is 'n professor in ontwikkelingstudies en 'n besoekende navorser by die Instituut vir Pan-Afrikanistiese Denke en Gesprek by die Universiteit van Johannesburg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.