Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
’n Ware leier staan op ...
Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Argief

In sy toespraak Maandagaand het Ramaphosa eienaarskap geneem van sy regering se reaksie, en wegbeweeg van die tradisie van ANC-leiers om van die kollektiewe “ons” te praat. Ramaphosa het gesê “Ek is besorg...” en voortgegaan om te verduidelik waaroor hý, die verkose staatshoof, bekommerd is.

Hy het Suid-Afrikaners bedank vir hul ondersteuning, het konteks gegee aan die verdieping van die krisis, en hy het in emosioneel gelaaide taal gepraat en almal onder die indruk gebring dat “dringende”, “dramatiese” en “buitengewone” optrede nodig is.

Terwyl die debat in ander lande oor inperking al dan nie wentel om die balans tussen die red van lewens en die behoeftes van die ekonomie, het Ramaphosa dit eenkant toe geskuif en benadruk dat “die welstand van ons mense” voorop is in elke besluit wat sy regering sal maak. Hy het wel ’n aantal ekonomiese ingrepe aangekondig – wat met sakeleiers uitgeklaar is – wat daarna streef om Covid-19 se skade te help verlig.

Sy toespraak gee die toon aan vir ’n nasionale poging wat elke landsburger verplig sal voel om na te volg.

Ramaphosa se toespraak sal as een van die gewigtigste nóg deur enige demokraties verkose staatshoof beskou word, en as een van die mees historiese van enige Suid-Afrikaanse regeringsleier. Dit gee die toon aan vir ’n nasionale poging wat elke landsburger verplig sal voel om na te volg.

Patton, die ene bravade maar baie geliefd onder sy manskappe, het hulle gelei tot ’n reeks bloedige oorwinnings teen die Duitsers onderweg na Berlyn. Ramaphosa, ’n heeltemal ander karakter wat verkies om konsensus te bewerk voordat hy optree, is op die punt om sy eie opmars na Berlyn te begin. Dit sal ook ’n morsige oorlog wees.

Hy – en Suid-Afrika – kan nie ’n nederlaag bekostig nie.

  • Du Toit is die assistentredakteur: dieptenuus by News24. Dié rubriek het aanvanklik op News24 verskyn.
Meer oor:  Pieter Du Toit  |  Presidentskap  |  President  |  Covid  |  Korona
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.