Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Ouers, leer jul kinders om maskers reg te dra

Maskers is deurslaggewend om die Covid-19-pandemie hok te slaan. Alle skoolgaande kinders kan met veiligheid ’n masker dra vir die duur van die hele skooldag sonder om hul suurstofvlakke in gevaar te stel, skryf Meg Sorg.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, praat met matriekleerlinge by die Zimisele Sekondêre Skool in Springs op die eerste dag nadat skole weer oopgemaak het tydens die inperking in Suid-Afrika. Foto: Deaan Vivier

Ek is ’n professor in pediatriese verpleging met vier jong kinders. Die jongste is nege maande oud en die oudste is nege. My oudste gaan binnekort met gr. 3 begin en sy broer met gr. 2. Ons wil albei van hulle in die middel van Augustus terug skool toe stuur sodat hulle in ’n regte klaskamer onderrig kan word. Ons skooldistrik volg die mandaat van die deelstaat Indiana wat vereis dat leerlinge in gr. 3 en ouer maskers dra. Omdat ek glo dat alle kinders wat maskers kan dra dit moet doen, maak nie saak wat nie, sal albei my seuns maskers dra. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan, maar ek glo dié gesukkel is die moeite werd.

Selfs basiese bedekking met ’n stuk lap oor jou gesig kan die viruspartikels van ’n besmette persoon verminder, en sodoende verminder dit die risiko dat die virus sal versprei. Maskers is ’n sleutelmetode om die pandemie hok te slaan.

Die meeste leerlinge het teruggegaan skool toe in Corinth in die deelstaat Mississippi op 27 Julie, met 13% wat verkies het om eerder aanlyn klas te loop.

Hoewel daar ’n groeiende getal gemeenskappe in die VSA is wat virtueel met hul 2020-2021 skooljaar sal begin, sal baie ander, soos myne, terug skool toe gaan of ’n benadering volg wat afstandleer met onderrig in die klaskamer kombineer.

Alle kinders wat klas loop kan met veiligheid ’n masker dra vir die duur van die hele skooldag sonder om hul suurstofvlakke in gevaar te stel.

Meer as dertig deelstate in die VSA vereis dat enige iemand van tien jaar en ouer maskers dra in die openbaar. In verskeie deelstate, soos Massachusetts, Kalifornië en Connecticut, geld hierdie reëls vir kinders so jonk as twee. Party skool-distrikte wat nie onderhewig is aan die mandaat van hul deelstate nie, het hul eie beleid oor maskers.

Terwyl hierdie vereistes meestal geld vir ouer kinders, is dit veilig vir peuters om maskers te dra sodra hulle twee is. Jonger peuters en babas loop die risiko om te versmoor.

Wanneer hulle twee is, kan kinders sonder fisieke en geestelike toestande wat vererger kan word deur die dra van ’n masker (soos ernstige asemhalingsprobleme of ’n sensoriese integrasie-storing) veilig lapmaskers dra, volgens die Centers for Disease Control and Prevention (CDC).

Dit beteken alle kinders wat klas loop kan met veiligheid ’n masker dra vir die duur van die hele skooldag sonder om hul suurstofvlakke in gevaar te stel. Die belangrikste uitsonderings is wanneer hulle eet en moontlik wanneer hulle oefening doen – wanneer ’n gesonde afstand afgedwing moet word.

Maskers dra vir agt uur per dag

Motshekga verduidelik vir dié matriekleerlinge hoe belangrik dit is dat hulle te alle tye hul maskers dra by die skool. Foto: Deaan Vivier

Kinders moet maskers dra op die skoolbus, terwyl hulle by die skoolgebou ingaan en uitgaan sowel as in klaskamers. Altesaam is dit sowat agt uur per dag.

Dieselfde grootte masker pas nie vir almal nie. Die tipiese pediatriese masker is vyf tot tien duim wyd, wat te groot of te klein kan wees, afhangende van hoe groot die kind se gesig is. Maskers moet die neus en die mond bedek en knus onder die ken pas. Kinders kan die heeldag dieselfde masker dra behalwe as dit nat of vuil word. Alle skoolkinders het egter spaarmaskers nodig. Omdat maskers gewas moet word nadat hulle heeldag lank gedra is, moet leerlinge nie twee opeenvolgende dae dieselfde een skool toe dra nie.

Kinders en tieners sal waarskynlik óf geringe simptome van Covid-19 hê óf asimptomaties wees. Tog is dit belangrik dat hulle maskers dra vir die beskerming van almal om hulle, insluitende die onderwysers, opsigters, busbestuurders en skoolpersoneel wat konstant die risiko loop om aan die virus blootgestel te word by skole.

Dra die maskers reg

Kleurvolle maskers soos hierdie word vir kinders bemark in Suid-Afrika. Foto: Bianca du Plessis

Ouers en ander voogde moet met hul kinders praat oor hoekom hulle ’n masker moet dra in toepaslike taal vir hul ouderdom.

Kinders onder vyf moet weet dat indien hulle ’n masker dra, kan  nuwe reël is wat hulle moet volg.

Tieners mag aarsel oor masker-dra omdat hulle bang is dat dit hulle anders sal laat lyk. Dit kan help om ’ dit ander beskerm teen hul kieme. Hulle moet weet indien almal dit doen, sal minder mense siek word en die pandemie sal gouer verby wees.

Vir maskers om werklik ’n verskil te maak, moet kinders weet hoe om hulle reg te dra.

Omdat skoolgaande kinders geneig is om op reëls te fokus is dit goed om te benadruk dat hierdie ’n nuwe reël is wat hulle moet volg.

Tieners mag aarsel oor masker-dra omdat hulle bang is dat dit hulle anders sal laat lyk. Dit kan help om te wys op die sosiale aspek daarvan. Tieners wat voel dat almal anders maskers dra sal geneig wees om die ander se voorbeeld te volg.

Vir maskers om werklik ’n verskil te maak, moet kinders weet hoe om hulle reg te dra. Maskers wat die neus én die mond bedek sal die meeste partikels van die virus blokkeer. Dis belangrik om nie aan jou gesig te vat wanneer jy ’n masker dra nie en om dit te verstel sodat dit die gesig behoorlik beskerm.

Dit is uiters belangrik dat ouers vir hul kinders leer hoe om maskers reg te dra. Foto: Foto24

Kinders moet leer om hul hande te was of te ontsmet voor en nadat hulle hul maskers opgesit het en hulle moet leer hoe belangrik dit is om nie met die masker te karring nie. Party skoolstelsels, soos die een in Corinth, Mississippi, gee vir leerlinge skouerbande sodat die maskers byderhand is. Solank as wat die skouerband die masker se buitenste hoeke bymekaarhou by die oor-lussies en kinders nie daaraan raak nie, dink ek dis ’n goeie opsie.

Voordat skole weer oopmaak moet gesinne oefen om maskers te hou oor klein neusies, om hande weg te hou van klein gesiggies en om maskers reg af te haal. Die maskers moet afgetrek word aan die oor-lussies, die buitenste hoeke moet saamgevou word en die maskers moet in ’n aangewese plek gebêre word sodat hulle gewas kan word. Moenie dit die onderwysers se probleem maak nie, want hulle moet ’n gesonde afstand hou en ’n armlengte hou tussen hulle en die leerlinge.

Voorskoolse kinders is geneig om voorbeelde te volg wat gestel word deur ouers en sibbe.

Peuters wil alles self doen, so indien jy hulle wys hoe om ’n masker reg aan te sit en hulle toelaat om dit self te doen, sal hulle makliker saamwerk. Voorskoolse kinders is goed daarmee om dinge aan te voor. Hulle is geneig om voorbeelde te volg wat gestel word deur ouers en sibbe.

Alle ouers en ander voogde moet bewus wees van die invloed wat hulle oor hul kinders het. Indien ma’s, pa’s en ander geliefdes maskers dra wanneer hulle in kontak kom met enige een buite hul huishoudings, sal dit help verseker dat hul kinders die skoolreëls oor maskers volg.

*Meg Sorg is ’n kliniese medeprofessor in verpleging aan die Purdue-Universiteit.

*Hierdie artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

Meer oor:  Amerika  |  Skool  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.