Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Palestynse konflik wys weer interne verdeeldheid

Die geweld in Israel en die Gasastrook wys net weer op die interne verdeeldheid en leierskapskrisisse aan albei kante van die konflik, skryf Julie M. Norman.

’n Man met ’n Palestynse vlag wys die oorwinningsteken tydens die opstande in Jerusalem. Foto: Reuters

Die dodelike toename in geweld oor Israel, die Wesoewer en Gasa heen waarin minstens 40 mense (teen Vrydag) dood en honderde beseer is, wys net weer op die verdelingslyne tussen Israeli’s en Palestyne.

Maar die dinamika van die geweld het ook net weer die interne verdeeldheid en leierskapskrisisse aan albei kante onderstreep.

Dit het vir die Israeli’s uiting gevind in vier verkiesings binne twee jaar wat tot dusver nie kon lei tot die vestiging van ’n stabiele regering nie.

Praatjies oor koalisie het verlede Maandag tot ’n einde gekom ná die ontploffing van geweld in Jerusalem en die Gasastrook.

Die mees onlangse verkiesing wat op 23 Maart gehou is, word steeds oorskadu deur twiste tussen die onderskeie partye en faksies.

Praatjies oor koalisie het verlede Maandag tot ’n einde gekom ná die ontploffing van geweld in Jerusalem en die Gasastrook.

Ondertussen word die voortdurende leierskapskrisis vir die Palestyne geïllustreer deur die feit dat Hamas beheer oor die weerstand geneem het en daarmee Mahmoed Abbas se Fatah-party en die Palestynse Owerheid waarvan hy die hoof is, tot die kantlyn verdoem het.

Betogings in die besette Wesoewer. Foto: Reuters

Spanning tussen Fatah en Hamas het Palestynse politiek sedert 2006 oorheers toe Hamas die Palestynse Owerheid se laaste parlementêre verkiesing gewen het en daarmee die tydperk van Fatah se oorheersing beëindig het.

Die Palestynse leierskap is verdeeld sedert 2007 ná gewapende konflik tussen die twee faksies en die mislukking van pogings tot ’n eenheidsregering. Sedertdien regeer Fatah se Palestynse Owerheid die Wesoewer en Hamas die Gasastrook.

Ondanks verskeie pogings tot versoening oor die afgelope 15 jaar kon daar nie ’n einde aan die verdeeldheid gemaak word nie.

Albei partye het in die herfs van 2020 tot nuwe verkiesings ingestem, maar Abbas het dit teen die einde van April “onbepaald” uitgestel.

Die Palestynse Owerheid het die uitstel toegeskryf aan Israel se beperkings op inwoners van Jerusalem om te stem, maar baie meen dis omdat Abbas volgens onlangse meningspeilings nie baie gewild was nie. Hy ding nie net teen Hamas mee nie, maar ook twee splintergroepe van Fatah.

Die Palestynse president, Mahmoed Abbas. Foto: AP

In die aanloop tot die verkiesing het Hamas in wat vir hom ’n wyse besluit was, probeer om dié beweging sinoniem met die beskerming van Jerusalem te maak – ’n kwessie met heelwat politieke en godsdienstige betekenis, veral in die maand van Ramadan.

Hulle het ’n veldtog genaamd “Jerusalem is ons bestemming” beplan en vuurpyle gelanseer as ’n teken van mag en solidariteit met Palestyne wat betoog het teen Israeliese polisie wat hulle toegang tot die Damaskus-hek ontsê het.

Die Damaskus-hek is een van die hooftoegangsroetes tot Jerusalem se ou stad en ’n gewilde bymekaarkomplek vir Palestyne, veral tydens die aandgebede in die maand van Ramadan.

Aanhoudende pogings om die demografie van dié woonbuurt met sy Arabiese meerderheid te verander, het tot wydverspreide betogings gelei.

Later het Mohammed Deif, die leier van Hamas se militêre vleuel, ’n waarskuwing aan Israel gerig oor die uitsetting van Palestyne uit die Sheikh Jarrah-woonbuurt. Aanhoudende pogings om die demografie van dié woonbuurt met sy Arabiese meerderheid te verander, het tot wydverspreide betogings gelei.

Dié bewyse van solidariteit deur Hamas was in skerp teenstelling met die Palestynse Owerheid wat nie onmiddellik op die spanning in Jerusalem gereageer het nie.

Dit help ook nie dat die Palestynse Owerheid vroeër vanjaar samewerking op veiligheidsgebied met Israel hervat het nie.

Die gesig van die weerstand

’n Gewonde man word tydens ’n betoging deur sy Palestynse makkers gehelp. Foto: Reuters

Omdat hy nie sy legitimiteit by die stembus kan bewys nie, het Hamas nou sy pogings verdubbel om hom die gesig van die weerstand teen besetting te maak.

Sedert die Israeliese polisie die Al-Aksa-moskee in Jerusalem Maandag bestorm het, het Hamas meer as 1 000 vuurpyle op Israel afgevuur. Dit is grootliks geneutraliseer deur Israel se “Ysterkoepel”-verdedigingstelsel teen missiele en Israel het teruggeslaan met aanvalle op Gasa.

Tientalle burgerlikes is dood en honderde gewond, wat kan lei tot nog ’n “Gasa-oorlog” soos dié van 2009, 2012 en 2014 wat tot duisende ongevalle gelei het.

Dit beteken nie dat Hamas se ideologie of regering gewild is nie; daar is wydverspreide ontevredenheid met toestande in Gasa.

Hamas hoef nie oorloë in die tradisionele sin van die woord te “wen” om te seëvier. Hy bevestig sy legitimiteit en gewildheid, wat gewoonlik toeneem ná ’n eskalasie van geweld, bloot deur weerstand te bied.

Dit is veral die geval vergeleke met die Palestynse Owerheid wat op die beste as swak gesien word en op die ergste as aandadig wat sy verhoudinge met Israel betref.

Dit beteken nie dat Hamas se ideologie of regering gewild is nie; daar is wydverspreide ontevredenheid met toestande in Gasa waarvoor sommige mense sowel Hamas as Israel die skuld gee.

Maar Hamas het geen tyd verspil om as’t ware die oomblik in die huidige krisis te gryp en sy aansien in sowel Gasa as elders ’n hupstoot te gee nie.

Die vraag bly nietemin of die aktiviste en organiseerders wat aan die voorpunt staan van die populêre opstand in Jerusalem en elders Hamas steeds as ’n vennoot of ’n leier sal beskou – of eenvoudig net as nog ’n faksie wat munt uit die krisis probeer slaan en die weerstand kaap.

• Norman is ’n lektor in politiek en internasionale verhoudings aan die University College of Londen. Dié artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

Meer oor:  Hamas  |  Fatah  |  Israel  |  Jerusalem  |  Gasastrook  |  Wesoewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.