Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Staatsrede ‘sal siniese Suid-Afrikaners nie paai’

Die ANC-regering sal vandag moet wys dat hy Suid-Afrika uit die moeras kan trek. Maar die speelruimte vir pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede is beperk, skryf Susan Booysen.

Pres. Cyril Ramaphosa lewer verlede jaar die staatsrede. Gegewe die enormiteit van dit wat gedoen moet word, en wat Ramaphosa sal kan regkry, lyk dit onwaarskynlik dat die staatsrede sinici tevrede sal stel.Foto: Foto24

Die kollig val vandag op Ramaphosa terwyl hy hom gereedmaak om die staatsrede namens die regerende ANC en die regering te lewer.

Vanjaar se staatsrede is ligjare verwyder van die belofte van ’n nuwe daeraad in sy eerste staatsrede in Februarie 2018. Dit was kort nadat hy die leisels by oudpres. Jacob Zuma oorgeneem het. Almal het toe op konstruktiewe nuwe beleidsinisiatiewe en die herstel van beskadigde staatsinstellings gehoop.

In teenstelling hiermee blyk dit dat Suid-Afrika se politieke en finansiële landskap aan die wegkalwe is. Tog is dit Ramaphosa se werk om in sy staatsrede die silwer randjies te beklemtoon. Dit is immers die jaar voor die verkiesing. Suid-Afrikaners gaan volgende jaar na die stembus om nuwe plaaslike regerings aan te wys.

Ramaphosa sal sy eie vooruitsigte, sowel as dié van sy party, ondermyn indien hy en die regerende party nie redes kan verskaf hoekom kiesers moet bly glo dat die ANC verandering kan bring nie.

Inwoners van die land is toenemend sinies – en daar is goeie rede vir hul vertwyfeling.

Dit sal nie maklik wees nie, aangesien dit onwaarskynlik is dat die regering oor die vermoë beskik om Suid-Afrika reg te ruk.

Inwoners van die land is toenemend sinies – en daar is goeie rede vir hul vertwyfeling. Baie van die land se probleme het hardnekkig geword en politieke en ekonomiese toestande in die land bly kritiek. En die gebiede waar optrede sou wees en waar hoop verlede jaar geïdentifiseer is, het nie gematerialiseer ná die beloftes wat gemaak is en die planne wat aangekondig is nie.

Die feit is, daar was agteruitgang.

Ten spyte hiervan moet die president met ’n nuwe benadering kom en moet hy die ANC se pogings om hardnekkige probleme op te los opnuut aan die nasie probeer opdis. Hy moet die versekering gee dat die kernprobleme opgelos gaan word op ’n skaal wat ’n werklike verskil sal maak.

Die uitdaging om ’n oortuigende toespraak te lewer moet eerstens gesien word in die konteks van die twyfel oor of Ramaphosa werklik in beheer van die ANC is. Foto: Foto24

Dit is waarna die president moet kyk

Die verwante kwessies wat smeek om uiteindelik aandag in vanjaar se toespraak, Ramaphosa se vierde, aandag te geniet, sluit die volgende in:

*Swak ekonomiese groei wat werkgeleenthede kelder in plaas daarvan om nuwe geleenthede te skep.

*’n Handvol staatsondernemings wat aanhou om die fiskus leeg te tap en die ekonomie te saboteer.

*Onaanvaarbare hoë misdaadvlakke, moorde op vroue en algemene wetteloosheid.

*’n Uitgebreide staatsdiens wat minstens 35% van die nasionale begroting opvreet.

*’n Energiekrisis wat die burgery demoraliseer en sakevertroue laat afneem.

*Kommer dat grondhervorming lukraak voortgaan, met moontlike ongrondwetlikheid en ’n uitvoerende mag wat politieke punte nastreef – terwyl baie burgers steeds verwaarloos word.

Minstens hierdie stel probleme smeek om aankondigings wat sal wys dat die ANC-regering Suid-Afrika uit die moeras kan trek.

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag oefen vir die erewag verlede jaar met die tweede staatsrede ná afloop van die verkiesing. Foto: Jaco Marais

Ramaphosa en sy regering moet geld hertoewys om die nodige intervensies te laat werk en om verbeterde doeltreffendheid van die staat te verseker.

Dis dalk te dik vir ’n daalder.

Wie is in beheer van die ANC?

Die uitdaging om ’n oortuigende toespraak te lewer moet eerstens gesien word in die konteks van intense twyfel oor of Ramaphosa werklik in beheer van die ANC is. En wie is, indien hy nie is nie?

Die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, en sy faksie, wat optree as die politieke opposisie, geniet slegs ’n fraksie van Ramaphosa se openbare steun.

Sy bitsige regstryd met die land se openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, kan sy beeld beskadig.

Ten spyte van die opstoking teen Ramaphosa binne die ANC bly hy die trekpleister wat vir die party meer populêre steun bring as wat die party sonder hom sou gehad het. Hy help die ANC om aan bewind te bly.

Maar dit mag dalk nie so bly nie. Sy bitsige regstryd met die land se openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, kan sy beeld beskadig.

Die ANC se beleidsoorloë wat toegeeflik aan die onderskeie faksies is – of dit nou oor grondhervorming of ’n belang en mandaat oor die Reserwebank is – versterk ook die persepsies van die ANC se swakheid en besluiteloosheid op leiersvlak.

Die staatsrede beloof ook om minder verrassings te hê aangesien die ANC reeds deur ’n deeglike interne proses is om sleutelbeleidsareas te identifiseer, sowel as die dinge waarop die party wil fokus.

Pres. Cyril Ramaphosa en sy vrou, dr. Tshepo Motsepe, voor verlede jaar se staatsrede. Foto: Edrea du Toit

Hierdie proses het op 8 Januarie begin toe Ramaphosa die ANC se jaarlikse verjaardagverklaring gelees het. Dit het die ANC-regering se prioriteite vir 2020 uitgelig.

Dit is gevolg deur ’n vergadering van die ANC se NUK, die party se hoogste besluitnemingsliggaam in die tyd tussen sy vyfjaarlikse nasionale konferensies.

Ramaphosa het oor die uitkoms hiervan gesê die party se beraad het ’n “duidelike en konkrete program bedink om die uitdagings waarvoor die land staan die hoof te bied”.

Hy het erken dat die ANC “te kort gekom het” met die inwerkingstelling van sy beleid en dat hy “realistiese maatreëls bedink het” om dit op te los.

Die volgende stap in die proses was die aanneem van ’n stel voorstelle deur die ANC se nasionale uitvoerende lekgotla. Hierdie jaarlikse byeenkoms is voor die kabinets-lekgotla en is ’n riglyn vir die regeringsagenda vir die jaar wat voorlê.

....energie sal na verwagting een van die spilpunte sal wees waarom die staatsrede gaan draai.

Die planne wat hier bedink is, is nie nuut nie. Dit het die voorstel ingesluit dat staatsondernemings gerasionaliseer word. Die ontbondeling van Eskom, die beleërde kragreus, het byvoorbeeld skynbaar momentum op die NUK- en lekgotla-berade gekry.

Wat die uitkoms sal wees, bly egter onduidelik, aangesien die vakverbond Cosatu sy eie plan ter tafel gelê het. Hy is teen die ontbondeling van Eskom. Cosatu is die ANC se alliansievennoot, tesame met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Sy voorstel vir die kragreus kry skynbaar momentum.

Die EFF het gedreig om vanjaar weer die staatsrede te ontwrig soos wat hulle hier in 2015 gedoen het. Foto: Lerato Maduna

Verdere tekens dat die ANC nie uit dieselfde gesangeboek sing nie, het dae tevore gekom toe Gwede Mantashe, die minister van minerale bronne en energie, wat in die topleierskap van die ANC is, ’n voorstel in breë trekke gemaak het dat ’n nuwe elektrisiteitsmaatskappy in regeringsbesit in die lewe geroep word en ondernemings toegelaat word om krag te genereer.

Al hierdie dinge dui daarop dat energie na verwagting een van die spilpunte sal wees waarom die staatsrede gaan draai.

’n Laggende oudpres. Jacob Zuma met sy staatsrede in 2015 wat gereeld deur die EFF onderbreek is. Foto: Lerato Maduna

Beperkte opsies

Die speelruimte vir Ramaphosa se staatsrede is beperk. Al hoe minder Suid-Afrikaners glo die ANC het die oplossings wat vertroue in die regering regverdig.

’n Uitweg vir die ANC in 2020 soos wat ons nader aan 2021 kom, sou wees om te verseker dat staatsamptenare hul werk behou. Dit sal help verseker dat Cosatu ’n lojale alliansievennoot bly.

Nog ’n uitweg vir die regerende party sou wees om seker te maak dat die welsynstoelae, waaruit 17 miljoen Suid-Afrikaners voordeel trek, glad geolie bly en dat Eskom die ligte aanhou.

Maar gegewe die enormiteit van dit wat gedoen moet word, en wat Ramaphosa sal kan regkry, lyk dit onwaarskynlik dat die staatsrede die sinici sal fnuik.

*Booysen is navorsingsdirekteur van die Mapungubwe Instituut vir Strategiese Refleksie (Mistra) en ’n besoekende professor en emeritusprofessor aan die Universiteit van die Witwatersrand.

*Hierdie artikel het eerste op The Conversation verskyn.

Meer oor:  Susan Booysen  |  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Eskom  |  Staatsrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.