Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
#taalgeneraal: Kry só hulp vir daardie taaltameletjie
Riaan Grobler Foto: Foto24

Hoe dikwels gebeur dit nie dat jy ’n taalvraag het, of wil weet hoe om ’n woord te spel, en daar is nie ’n woordeboek in sig nie? Dit help ook nie altyd om iets te google nie, want die internet is vol mense wat ook nie altyd reg spel of skryf nie.

So, hoe gemaak? Danksy die wonder van tegnologie en die inisiatief en harde werk van die mense by VivA – die Virtuele Instituut vir Afrikaans, is daar nou ’n eenstopoplossing.

VivA se webblad bied aan gebruikers toegang tot verskeie hulpbronne soos die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), die Engelse Longman Online-woordeboek en ’n rits ander hulpbronne, afhangend van jou soektog. Die Kuberwoordeboek is daar, ’n tesourus om jou te help om sinonieme te vind en vir liefhebbers van blokkiesraaisels sal die Blokkiesraaiselwoordeboek jou help om korte mette te maak van daardie woord wat jy om die dood nie kan onthou nie.

En benewens toegang tot dié gevestigde, gesaghebbende bronne kan gebruikers ook rondsnuffel in gewilde taalboeke soos onder meer Annerlike Afrikaans en Wat praat jy?

Vir iemand soos ek wat daagliks met taalverwante take doenig is, is dié hulpbron van onskatbare waarde.

En sou jy nie op jou eie regkom nie, is daar boonop ’n taalkenner tot jou beskikking om jou spesifieke vraag te beantwoord.

VivA is die geesteskind van die bekende taalkenner en Beeld-rubriekskrywer, prof. Gerhard van Huyssteen.

Taalnavrae word hanteer deur die gewilde skrywer en ook taalpraktisyn, Sophia Kapp.

VivA het ook apps beskikbaar vir Android- en Apple-toestelle. 

Klik hier om VivA te besoek.

’n Skermgreep van VivA se webwerf. Foto: Skermgreep

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.