Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Tulsa kry plek in verlede
Pres. Joe Biden Maandag in die Arlington-begraafplaas op die jaarlikse Memorial Day-herdenking.Foto: ap

Pres. Joe Biden was gister die eerste dienende president van die VSA wat die terrein in Tulsa, Oklahoma, besoek het waar tot 300 swart Amerikaners in 1921 deur ’n groep wit, gewapende Amerikaners in ’n massamoord afgemaai is.

Die Tulsa-massamoord is een van die donkerste hoofstukke in die land se geskiedenis van rassegeweld. Die geweld het destyds oor twee dae – 31 Mei en 1 Junie – in Greenwood, ’n buurt in Tulsa, afgespeel.

Biden, ’n Demokraat, sou op sy besoek ’n handjievol oorlewendes van die Greenwood-gemeenskap ontmoet as deel van die 100ste herdenking van die moorde. Hy sal na verwagting ook verdere stappe aankondig om ongelykhede in die land te beveg, sê ’n amptenaar van die Withuis.

Dit sluit in planne om federale kontrakte uit te brei om klein, voorheen benadeelde ondernemings in te sluit, beleggings in gemeenskappe soos Greenwood wat deurlopend gebuk gaan onder armoede en nuwe pogings om diskriminasie in die verskaffing van behuising uit die weg te ruim.

Op sy besoek sal Biden onder meer praat oor die nalatenskap van rassisme in die land en erkenning gee aan die probleme wat dit meebring.

Op sy besoek sal Biden onder meer praat oor die nalatenskap van rassisme in die land en erkenning gee aan die probleme wat dit meebring. Volgens ’n amptenaar van die Biden-administrasie kan die president nie sy belofte nakom om die “siel van die land” te herstel sonder om erkenning te gee aan die kompleksiteit van die verlede nie.

Biden het Maandag ’n beroep op alle Amerikaners gedoen om “na te dink oor die diep wortels van rasse-terreur” onder Amerikaners en mense gevra om hulself daartoe te “herverbind om sistemiese rassisme oor die land heen uit te roei”.

Biden se besoek aan Tulsa kom op ’n tyd van afrekening in die VSA, met die wit meerderheid wat krimp en te midde van toenemende dreigemente van wit opperheerssugtige groepe. Die land word ook genoop om te besin oor hoe swart Amerikaners behandel word, veral ná die moord verlede jaar op George Floyd – ’n ongewapende swart man wat deur ’n wit polisieoffisier vermoor is.

Floyd se dood het tot landwye protesoptogte gelei. Biden, wat die presidentsverkiesing gewen het op grond van die steun van swart kiesers, het in sy verkiesingsveldtog onderneem om rasseongelykhede uit die weg te ruim. In sy kort tyd in die Withuis het hy tot dusver by dié onderneming gebly.

Hy oefen ook druk uit vir die deurvoering van wetgewing om die polisiediens te hervorm – ’n wet wat Floyd se naam sal dra.

Verlede week het hy lede van Floyd se familie ontmoet op die herdenking van die moord op Floyd ’n jaar gelede. Hy oefen ook druk uit vir die deurvoering van wetgewing om die polisiediens te hervorm – ’n wet wat Floyd se naam sal dra.

Biden se besoek aan Tulsa is in skerp kontras met gebeure verlede jaar en die optrede van oudpres. Donald Trump, Biden se voorganger.

Trump, ’n Republikein, was ’n uitgesproke kritikus van die Black Lives Matter-beweging en ander groepe wat hulle beywer vir maatskaplike geregtigheid.

Verlede jaar het Trump beplan om ’n verkiesingsbyeenkoms in Tulsa te hou op 19 Junie – wat bekend staan as “Juneteenth” – die datum waarop slawerny in 1865 amptelik in die VSA afgeskaf is. Die politieke byeenkoms is uitgestel weens die kritiek wat dit ontlok het.

’n Openbare bewussyn oor wat in Tulsa gebeur het, het eers onlangs onder die Amerikaanse publiek posgevat.

“En hier is ons nou ’n bietjie minder as ’n jaar later met ’n nuwe president wat Tulsa toe gaan om hom uit te spreek teen die massamoord op onskuldige swart Amerikaanse broers en susters, om rassisme aan die kaak te stel en Amerikaners aan te moedig om saam te staan,” het Moe Vela, voormalige raadgewer van Biden, op die vooraand van sy besoek gesê.

’n Openbare bewussyn oor wat in Tulsa gebeur het, het eers onlangs onder die Amerikaanse publiek posgevat. Kinders is nooit onderrig oor dié stukkie geskiedenis nie en plaaslike koerante het dekades lank nie daaroor berig nie.

’n Groep wit inwoners het sowat 300 swart mense in die voorval doodgeskiet, hul huise en ondernemings geplunder en afgebrand en ’n voorheen welvarende swart gemeenskap in armoede gedompel. Die aanloop tot die gebeure was ’n wit vrou wat ’n swart man beskuldig het van aanranding – ’n bewering wat nooit bewys is nie.

Versekeringsmaatskappye het nie die swart gesinne vir hul skade en verlies vergoed nie en niemand is ooit suksesvol vervolg nie.

Biden se openbare standpunt oor ras en gelykheid het oor dekades heen ontvou. Hy het die Demokrate se benoeming as presidentskandidaat gewen op grond van swart kiesers­ se steun in Suid-Carolina. Hy het veral mense se guns gewen­ in sy pos as visepresident onder oudpres. Barack Obama, die eerste swart president van die VSA. En hy het Kamala Harris, die kind van ’n swart man van Jamaika en ’n Indiër-vrou, gekies as sy verkiesingsmaat.

In sy opmars na die Withuis het hy onder kritiek deurgeloop omdat hy in die 1970’s gekant was teen ’n skoolbus-program wat ten doel gehad het om Amerikaanse skole te help integreer.

“Ons almal groei en leer. Ek gee hom krediet daarvoor,” sê Vela.

Biden se Tulsa-besoek kan ook ’n gepaste tyd wees om ’n presidensiële kommissie aan te stel om “die geskiedenis van Amerika se rassewandade te ondersoek en voorstelle vir rassegeregtigheid te doen,” sê William A. Darity jr.

Hy is ’n professor aan die Duke-Universiteit en die medeskrywer van From Here to Equality: Reparations for Black Americans in the Twenty-First Century. – Reuters

Meer oor:  Joe Biden  |  Tulsa  |  Oklahoma  |  Politiek  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.