Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
VERKIESING 2019: Kleur steeds ’n kwessie in SA

Dit sal ’n verrassing wees as ras geensins ’n rol in Suid-Afrika se komende verkiesing Woensdag speel nie, meen Keith Gottschalk.

Afrika se koloniale en apartheidsverlede – saam met dié van Amerika se Diep Suide – word beskou as een van ons wêreldgeskiedenis se rassistiese bedelings.

Sou jy rassespanning met godsdienstige polarisering vergelyk, kan Suid-Afrika selfs met Noord-Ierland tydens The Troubles en die Israel-Palestynse konflikte vergelyk word.

Dit blyk dat die klinkreël, “reënboognasie” wat deur emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu uitgedink is, lankal saam met “The Arch” uit diens getree het.

Nuusopskrifte word gereeld oorheers deur rassevoorvalle en ’n Suid-Afrikaner se velkleur speel steeds ’n groot rol wanneer dit by klasverskille en strukture kom.

Armoede
Barbra Ndlovu, 55, keer terug na haar huis in Lawley, ’n informele nedersetting suid van Johannesburg. In Suid-Afrika is diep, strukturele armoede meestal ’n swart verskynsel. Foto: Reuters

Alhoewel ’n rapsie meer as die helfte van Suid-Afrikaanse se middelklas uit swart mense bestaan, is diep, swaar armoede amper eksklusief tot die swart bevolking beperk.

Ras hou aan om Suid-Afrika te verdeel.

Kyk net na die vier bekendste politieke partye wat aan Woensdag se nasionale verkiesing deelneem. Hulle verteenwoordig elkeen verskillende perspektiewe wat diep strek, wanneer dit by ras kom. Met die meer ekstreme partye kan jy amper nie eens die kleurgrens oorsteek nie.

Dis onwaarskynlik dat die Vryheidsfront Plus (VF Plus) swart kiesers sal lok. Die EFF, Suid-Afrika se derde grootste party, vervreem weer wit kiesers met sy skerp rasseretoriek en beloftes van swaar belastingverhogings.

EFF
Verkiesingsplakkate van die EFF in Kaapstad. Foto: Reuters

Aan die ander kant het die VF Plus ’n groot deel van hul verkiesingsveldtog aan beloftes om minderheidsgroepe teen regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging te beskerm gewy, iets wat nou nie juis swart stemme vir die party sal lok nie.

Maar wanneer jy kyk na die belangrikste partye wat se beleide meer in die politieke middelgrond gesetel is, – die regerende ANC en die DA, die amptelike opposisie – word daar ernstige pogings aangewend om rasseretoriek onder hul leiers en lede in te perk. Hul manifeste verbind ook die partye tot ’n nierassige Suid-Afrika.

’n Beleid van nierassigheid

Dokumente en toesprake van die ANC en die DA herhaal hul langtermyndoelwitte van ’n nierassige Suid-Afrika.

Albei partye poog om mense van alle rasse in hul topstrukture te verteenwoordig.

Mmusi Maimane
Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: Mlungisi Louw

Die ANC se veterane het ook hul stemme dik gemaak toe Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC kiesers aangemoedig het om “teen wittes” en “vir swartes” te stem. In Gauteng en die Wes-Kaap gebruik die ANC ook retoriek en kwessies wat tot wit kiesers spreek.

Die DA het ook al meer as een keer sy leiers gedissiplineer nadat hulle rasgedrewe kommentaar op Twitter gemaak het. In sommige gevalle het hulle lede gevra om uit die party te bedank.

Op ’n dieper vlak – binne die DA se partystrukture – poog die party om ’n bitter moeilike strategie deur te voer. Die party wil hulself van ’n oorheersende wit party na ’n oorheersende swart party verander. Dit kon nog net twee keer in Suid-Afrika se geskiedenis reggekry word.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party kon dit regkry in die 1920’s en die Liberale Party het ’n soortgelyke pad in die 1960’s gestap.

Geskiedkundig bevestig die ANC se Vryheidshandves dat Suid-Afrika aan almal behoort wat in die land woon, wit en swart.

Die ANC se alliansies van die 1950 het mense van Europese (wit) en Afrika (swart)-oorsprong ingesluit, sowel as Indiese lede.

Nog voor 1990 het die party toenemend lede van alle rasse toegelaat.

Ace Magashule
Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, spreek kiesers in Khayelitsha in die Wes-Kaap toe. Foto: Adrian de Kock

Die ANC is al ’n paar keer deur kommentators gekritiseer dat hy óf deur isiXhosa, óf Nguni-sprekendes gedomineer word, maar die klagtes het nie juis vatplek gekry nie.

Die ANC se lidmaatskap kon dit regkry om swart Afrikane, sowel as aktiviste van alle rasgegronde apartheid-ingestelde definisies te omarm.

Strategies is die ANC die enigste Afrika-nasionalistiese party wat ’n betekenisvolle wit minderheid – in sy beleid en in sy retoriek – tegemoet kon kom.
Keith Gottschalk

Meer as nege tiendes van wit setlaars het uit Algerië gevlug nadat die land in 1962 onafhanklik geword het, dieselfde het in Angola en Mosambiek gebeur ná hul onafhanklikheid in 1974, sowel as in Zimbabwe in die 1980’s en 1990’s.

Wit Algeriërs het reg op Franse burgerskap gehad en wit Angolese en Mosambiekers die reg op Portugese burgerskap. Meer as die helfte van wit Zimbabwiërs kon toegang tot Britse of Suid-Afrikaanse burgerskap kry.

In kontras met bogenoemde lande, het die meeste van wit Suid-Afrikaners geen aanspraak op alternatiewe burgerskap nie.

Die mense

Wit Suid-Afrikaners maak slegs 7,8 persent uit van die land se bevolking. Strategies bly hulle egter baie belangrik. Wit mense besit steeds die meeste van Suid-Afrika se kapitaal en die meeste van sy maatskappye. Hulle beklee ’n aansienlike deel van bestuursposte in Suid-Afrika se arbeidsektor. Die Weste se moondhede, beleggers en media is fyn ingestel op hul vrese en bekommernisse.

Statistieke wys ook dat witmense se lewenstandaard meer as enige ander bevolkingsgroep binne Suid-Afrika verbeter het sedert 1994.

Dis nie eintlik die “volksmoord” op wit Suid-Afrikaners wat talle alt-regse groepe wêreldwyd verkondig nie.

Onder swart Suid-Afrikaners is daar uiteenlopende menings oor kleur en rasseverhoudings.

Sommige aktiviste van die Rhodes-must-fall en Fees-must-fall-bewegings is heeltemal vervreem van wit mense en “witheid”.

Terselfdertyd kuier en trou talle mense oor die kleurgrens.

Daar sal egter altyd rassespanning wees.

Die wêreld se oudste demokrasie, die VSA, en die wêreld se grootste demokrasie, Indië, sukkel steeds met die teenstellings van nierassige en kastevrye ideale in hul grondwet en regstellende aksie en voorkeur vir sekere demografiese groepe binne hul regulasies.

India
’n Groep Indiese vroue wag Maandag 6 Mei om hul kruisies te trek in die Rajasthan-provinsie in die noorde van Indië. Indië is miskien die wêreld se grootste demokrasie, maar dit word ook getreiter deur probleme soos kastediskriminasie, wrywing tussen verskillende geloofsgroepe en ’n massiewe gaping tussen ryk en arm. Foto: AP

In Suid-Afrika is daar soortgelyke uitdagings wat talle instellings in die gesig staar; van die Menseregtekommissie en die gelykheidshof, tot kwasi-geregtelike entiteite en hofsake wat in die grondwetlike hof getoets moet word.

Gegewe dat Suid-Afrika die wêreld se grootste wit minderheidsgroep het wat onder ’n swart bewind leef, sal rassespanning ’n betreklik permanente verskynsel op die land se politieke landskap wees. Dieselfde is waar vir die VSA, waar die wêreld se grootste swart minderheid onder ’n wit bewind leef.

* Keith Gottschalk is ’n lid van die ANC, maar die artikel is geskryf in sy persoonlike hoedanigheid as politieke wetenskaplike, verbonde aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Die artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

Conversation

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Eff  |  Suid-Afrika  |  Verkiesing 2019  |  Ras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.