Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
VERKIESING 2019: Wie bied iets nuuts oor onderwys?

Is daar enige politieke party wat nuwe idees en oplossings oor die onderwys in hul manifeste bied? Drie kenners ontleed ons partye se onderwysbeleide.

Onderwys
Grafika: iStock

Sedert Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie in 1994, was daar al talle prestasies binne die onderwyssektor.

Dit sluit in die vestiging van ’n enkele onderwysstelsel wat tot alle Suid-Afrikaanse kinders se vereistes spreek, verbeterde toegang tot onderwys en finansiële ondersteuning vir arm leerlinge.

Hope werk lê nog voor: Die gehalte van onderwys is oor die algemeen nie konsekwent in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel nie en talle leerlinge verlaat die skool voordat hulle ’n skoolverlaterskwalifikasie kan kry.

In aanloop tot Woensdag se verkiesing, het drie navorsers gekyk na die drie grootste politieke partye se benadering tot onderwys in hul verkiesingsmanifes. Daar is spesifiek gefokus op die beleide van die regerende ANC, en die twee grootste opposisiepartye, die DA en die EFF, en of hulle nuwe oplossings vir Suid-Afrika se onderwyskwessies het.

Lê die basis reg

Al drie politieke partye se manifeste erken die waarde van gehalte wat basiese onderwys betref en verbeterde slaagsyfers vir leerlinge. Dit begin reeds met ’n kind se vroeë ontwikkeling en opvoeding. In die eerste 1 000 dae van ’n kind se lewe word daar eerder grootliks op gesondheidsingryping gefokus. Die navorsers stel voor dat politieke partye in die toekoms ook fokus op die eerste 1 000 dae van ’n kind se skoolloopbaan (kleuterskool en graad R, 1, 2, en 3) om ’n soliede kennisgrondlag te bou.

Dis geen verrassing nie dat al die partye die waarde van gekwalifiseerde onderwysers met die regte vakkennis hoog ag.

Een van die idees wat die meeste uitgestaan het, is die EFF se belofte om die slaagsyfer van 30% tot 50% te verhoog.

Die DA se belofte van spesialis-onderwysopleidingskolleges vir laerskoolonderwysers, weerspieël die mening van talle mense.

’n Bekwame onderwyser kan gedy in skole met ’n goeie infrastruktuur en die regte geriewe (soos veilige geboue, behoorlike water en sanitasie, elektrisiteit en spoeltoilette), biblioteke en laboratoriums. Hulle benodig ’n veilige omgewing waar geweld nie geduld word nie. Al drie politieke partye verbind hulle tot die bogenoemde.

Maar bring enige politieke party iets nuuts na die tafel?

Een van die idees wat die meeste uitgestaan het, is die EFF se belofte om die slaagsyfer van 30% tot 50% te verhoog.

Tans vereis die departement van basiese onderwys ’n 50%-laagsyfer vir huistale, 40% vir die meeste vakke en 30% vir twee vakke op senior vlak (graad 7 tot 9) en 30% vir drie vakke in die laaste fase (graad 10 tot 12).

Die lae slaagsyfer is vir talle Suid-Afrikaners ’n steen des aanstoots.

Die navorsers stem saam dat die slaagsyfer vir wiskundige geletterdheid in die grondslagfase van 40% tot 50% verhoog moet word, sodat kinders wat hul kennis van basiese konsepte doeltreffend kan bewys toegelaat word om na die volgende vlak te vorder.

Die hoër slaagsyfer sal ook sorg vir hoër standaarde in die Suid-Afrikaanse skolestelsel. Die voorstel van die EFF kan groot verandering meebring.

Maak wiskunde verpligtend

Die EFF se manifes beklemtoon ook hoe belangrik dit is om wiskunde ’n verpligte vak te maak tot en met matriek. (Tans het leerlinge ’n keuse tussen wiskunde en wiskundige geletterdheid.) Die apartheidsregering het hulself nie juis daaraan gesteur om swart leerlinge behoorlike wiskundige geletterdheid te gee nie, omdat hulle gemeen het dis nie ’n vaardigheid wat handearbeiders sou benodig nie.

Wiskunde, as dit reg aangebied word, help kinders om konseptuele en analitiese denke te ontwikkel wat hulle lewenslank bemagtig.

Wiskunde, as dit reg aangebied word, help kinders om konseptuele en analitiese denke te ontwikkel wat hulle lewenslank bemagtig.

Die gesogste beroepe in Suid-Afrika met die beste salarisse is dié met wiskunde en wetenskap as grondslag. Die EFF kan gerus maar voortgaan om die belang van wiskunde in hul debatte en beleide te bevorder.

Die EFF beloof ook om elke skool met ’n remediërende onderwyser toe te rus. Dit sal beslis ’n goeie manier wees om kinders wat akademies sukkel, by te staan.

In Suid-Afrika is daar ’n hoë koers van kinders wat hul grade moet herhaal, maar dit gebeur dikwels sonder die nodige ondersteuning. Navorsing dui daarop dat kinders wat ’n skooljaar moet herhaal, nog swakker vaar as kinders van hul portuurgroep wat die regte ouderdom vir die graad is.

Opvoeding begin tuis

Opvoedkundige ongelykheid begin reeds tuis en speel ’n groot rol in ’n kind se vordering wanneer hy skool toe gaan. Om onderwys van beter gehalte te bied, moet die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel meer sosio-maatskaplike beskerming vir armer skole bied. Dit sluit in kleiner klasgroottes en meer onderwysers binne die grondslagfase.

Vervolg ouers strafregtelik wat nie hul kinders skool toe stuur nie.
EFF

Al drie die politieke partye se manifeste sluit wel sosio-maatskaplike beskermingsbeleide in, soos voedings -en vervoerskemas, veral vir leerlinge uit huishoudings met ’n lae inkomste.

Die EFF maak egter weer hier ’n dramatiese voorstel, om ouers wat nie hul kinders laat skoolgaan nie, strafregtelik te laat vervolg. Die maatreël is eintlik oorbodig; inskrywingskoerse vir kinders tot 16 jaar is reeds hoog.

Die groot probleem is die afwesigheid van kinders én onderwysers.

Die afwesigheidskoers vir leerlinge word tussen 5% en 15% geskat en vir onderwysers rondom 10%. Geen van die partye het enige nuwe idees om afwesigheid te verminder nie.

’n Toekomsvisie

Al die manifeste neem die digitale revolusie se invloed op onderwys in ag. Almal stel beter digitale konnektiwiteit, toegang tot rekenaarlaboratoriums en tablette voor.

Suid-Afrika is ’n land met diepgesetelde ongelykhede en met dubbele uitdagings: Ons moet leerlinge bemagtig met die nodige vaardighede (soos kritiese denke en die vermoë om kreatief saam te werk en te kommunikeer) sodat hulle binne die digitale omgewing kan funksioneer. Ons moet egter ook basiese vaardighede soos lees, skryf, wiskunde en redeneringsvermoëns by leerlinge aankweek.

Die Suid-Afrikaanse regering word dikwels geloof vir sy progressiewe beleide, maar om dit in werking te stel, bly ’n uitdaging.

Dieselfde is egter waar vir die politieke partye se manifeste van die DA en die ANC. Daar is ’n paar vernuwende idees, maar ’n doodse stilte oor hoe dit prakties binne die onderwyssektor toegepas kan word.

Vijay Reddy, Jacqueline Harvey en Palesa Sekhejane is almal navorsingsdeskundiges by die Navorsingsraad vir Menslike Wetenskappe. Die artikel het oorspronklik op The Conversation verskyn.

conversation logo

Meer oor:  Da  |  Anc  |  Eff  |  Suid-Afrika  |  Verkiesing 2019  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.