Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aktueel
Wikipedia: 15 j. van Jesus, Hitler, Britney en visse
'n Skermgreep van 'n deel van Wikipedia se tuisblad op 28 Januarie 2016.

Daar is meestal twee plekke waar mense antwoorde op hul vrae soek: 1. Google en 2. Wikipedia.

En in baie gevalle verwys plek nommer een jou na plek nommer twee.

Wikipedia word môre (Vrydag) 15 jaar oud en oor hierdie tydperk het hy gegroei tot ’n aanlyn ensiklopediereus met meer as 5 miljoen artikels in die Engelse weergawe. As ’n mens al die weergawes se inskrywings bymekaar tel, trek dit by meer as 38 miljoen.

Dít is nogal ’n sprong van die 20 000 inskrywings wat Wikipedia aan die einde van sy eerste jaar in 2001 gehad het.

Die betroubaarheid en geloofwaardigheid van Wikipedia-inskrywings word soms steeds in twyfel getrek omdat die inskrywings – en aanpassings en verbeterings, insluitende die uitskakeling van feitefoute – deur Jan Alleman gedoen kan word.

Die Afrikaanse weergawe kry ook groot aftrek. Daar is nou sowat 38 400 Afrikaanse artikels nadat daar in November 2001 daarmee begin is.

Volgens statistieke sluit die volgende Afrikaanse artikels die meeste wysigings in: “Alfabetiese lys van visse”, “Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name” en “Jesus van Nasaret”.

Die Engelse Wikipedia-artikel oor Britney Spears is 11de op die lys van artikels met die meeste wysigings. Foto: Argief
Mense hou ook daarvan om die Engelse artikel oor Adolf Hitler te wysig. Foto: Argief
Die Barack Obama-artikel op Wikipedia word ook gereeld gewysig. Foto: Reuters

Die Engelse weergawe se artikels met die meeste wysigings sluit in “Britney Spears”, “Adolf Hitler”, “Jesus”, en “List of WWE personnel”.

Onder die langste artikels in die Afrikaanse weergawe is “Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika” en, 11de op dié lys, “Jesus van Nasaret”.

Morné van Rooyen, ’n subredakteur by Huisgenoot, is een van die besigste bydraers tot die Afrikaanse weergawe.

“Dis vir my heerlik om iets te skep, in dié geval ’n artikel, en dit dan uit te brei en daaraan te skaaf,” sê Van Rooyen.

“Die lekkerste van Wikipedia is, ’n mens kan werk aan onderwerpe waarin jy belangstel – in my geval veral gemeentes, predikante en argitekte.”

Van Rooyen werk gewoonlik aan ’n tema – op die oomblik is dit die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se gemeentes en hy trek al by nagenoeg 300 artikels daaroor.

Dit neem hom enigiets van 10 minute tot ’n week om ’n artikel te voltooi, afhangende van hoeveel inligting beskikbaar is, hoeveel foto’s beskikbaar is en hoe baie hy in die onderwerp belangstel.

Voornemende gebruikers moet min of meer Afrikaans magtig wees, maar as hul taalgebruik nie heeltemal op peil is nie, sal ander gebruikers help met taalversorging, sê Van Rooyen.

Hy is boaan die lys van skrywers van die langste Afrikaanse artikels met sy inskrywing “Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika”. ?

Hy beklee ook die vierde, vyfde, sesde en 13de plek.

Lys van langste artikels in Afrikaans

1. Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (222 556 grepe*)

2. Tweede Wêreldoorlog (172 539 grepe)

3. Lys van sterre op die Hollywood Walk of Fame (171 154 grepe)

4. Verenigde Party (154 953 grepe)

5. Gereformeerde kerk Burgersdorp (136 558 grepe)

6. NG gemeente Beaufort-Wes (134 112 grepe)

7. Malta (130 391 grepe)

8. Verenigde State van Amerika (126 700 grepe)

9. Intensiewe vorm (125 710 grepe)

10. Geskiedenis van die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika (124 504 grepe)

11. Jesus van Nasaret (123 926 grepe)

12. Hoërskool Waterkloof (123 642 grepe)

13. NG gemeente Sutherland (122 873 grepe)

* ’n Greep verwys na enige spasie, skryfteken of letter.

Afrikaanse artikels met die meeste wysigings

1. Lys van bekende Suid-Afrikaners (1 202 weergawes)

2. Alfabetiese lys van visse (1 010 weergawes)

3. Berlyn (933 weergawes)

4. Duitsland (874 weergawes)

5. Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name (872 weergawes)

6. Suid-Afrika (865 weergawes)

7. Verenigde State van Amerika (860 weergawes)

8. Afrikaans (762 weergawes)

9. Montreal (750 weergawes)

10. Kaapstad (728 weergawes)

11. Pole (724 weergawes)

12. Frankryk (718 weergawes)

13. Tweede Wêreldoorlog (707 weergawes)

14. Lys van ingelyfde NG gemeentes (694 weergawes)

15. Kanada (677 weergawes)

Engelse artikels met die meeste wysigings

1. George W. Bush (45 875 weergawes)

2. List of WWE personnel (42 961 weergawes)

3. United States (35 779 weergawes)

4. Wikipedia (33 986 weergawes)

5. Michael Jackson (28 168 weergawes)

6. Jesus (28 110 weergawes)

7. Catholic Church (26 442 weergawes)

8. List of programs broadcast by ABS-CBN (25 231 weergawes)

9. Barack Obama (24 735 weergawes)

10. Adolf Hitler (24 630 weergawes)

11. Britney Spears (23 809 weergawes)

12. World War II (23 761 weergawes)

13. Deaths in 2013 (22 529 weergawes)

14. The Beatles (22 399 weergawes)

15. India (22 299 weergawes)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.