Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Engels kom skotvry daarvan af

As verduideliking vir sy swak formulering “ . . . Afrikaans (het) baie foute . . . gemaak . . . ” stel ​prof. Wannie Carstens dit in Beeld van 12 Maart dat sy swak formulering te wyte is aan die “haas van ’n vinnige gesprek”. Hierdie swak en onversigtige formulerings dui helaas op ’n dinkfout en op ’n nie-verstaan van die huidige politieke en kulturele werklikheid in Suid-Afrika.

Die dinkfout het te doen met die sogenaamde skuld en politieke bagasie van Afrikaans. Vir perspektief daarop: Daar is nie ’n enkele menslike taal in die geskiedenis wat daarop kan roem dat haar sprekers heilig en skuldloos is nie: Engels (kolonialisme, uitbuitende kapitalisme, volksmoord), Duits (nasionaal-sosialisme, volksmoord), Zoeloe (Mfecane/Difacane/volksmoord), Spaans (kampe in Kuba, Inkas), Frans (Algerië, Kongo), Russies (Stalin) – om maar net enkele tale te noem.

Hoe dit ook al sy, Engels kom altyd sonder blaam en skotvry daarvan af. Onlangs is Frans in Rwanda deur Engels vervang.

Die nie-verstaan van die huidige politieke en kulturele werklikheid in Suid-Afrika kan ’n interessante, maar uiters gevaarlike, vorm van xenofobie of vreemdelingehaat bevorder.

Onthou die Mbeki-verwysing na die twee nasies: Die ryk wit mense en die arm swart mense en die Zuma-verwysing na Jan van Riebeeck. Skynbaar onskuldige politieke konstrukte soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging is eintlik vorme van xenofobie of vreemdelingehaat. Die wit mens is die vreemdeling in Afrika.

Standaardafrikaans is die taal van wit en ryk apartheidsbevoorregtes. Dat al hoe meer Afrikaanssprekendes (wit en bruin) hul kinders na Engelse skole stuur, sê net vir ons dat hierdie ouers reeds die verswakte rol van Afrikaans verdiskonteer het.

Kas Landman

Lyttelton

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.