Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Peter Braaf en sy span verdien dank

Die gemeente van die kerk van Sint John in Bellville gedenk tans sy 150ste bestaansjaar, en as deel van die vieringe is Kanna Hy Kô Hystoe in Bellville-Suid opgevoer onder spelleiding van Peter Braaf. Ek en my vrou, Rosalie, het een van die opvoerings bygewoon en was regtig beïndruk. Ondanks die feit dat die spelers, parogie­lede van Sint John, amateurs is, was die spel in baie opsigte van professionele gehalte. Die choreografie, klank en beligting was so goed soos enigiets wat ek al ervaar het. Braaf en sy ­spelers verdien gelukwense.

Ek vertel sy storie kortliks. Hy was begin sewentigs ’n jong student aan die Universiteit van Wes-Kaapland en lid van die studente-dramagroep Dramsoc. Sowat 20 jaar ouer as Braaf was ek indertyd dosent in die filosofie daar. Hulle kom sê my toe hulle wil Kanna vir die studentegemeenskap op die planke bring en vra of ek hulle sal afrig. Ek het ietwat skepties ingestem, want ek het ge­dink dis effe bo die vuurmaakplek van (rou) amateurs! Maar ek het toe saam met die groep die sprong geneem, en in die proses is ek verkeerd bewys. Die opvoering van Kanna was ’n sukses.

Peter het gegroei, die leier van die Cape Flats Play­ers geword, en ontwikkel tot die regisseur van statuur wat hy vandag is.

Ek is hom veral dank verskuldig vir sy lewenslange toewyding aan my werk, tot dié mate dat ek in Suid-Afrika waarskynlik nou die enigste dramaturg is geseën met ondersteuning deur ’n altyd teenwoordige en parate dramagemeenskap wat afrigting én spelers én gehore betref!

Cheers, Peter! Mag julle vorentoe floreer (en ook die parogie van Sint John).

Prof. Adam Small

Heathfield

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.