Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Skare ‘pass’ my aan op Ellispark

Sarel van der Walt se artikel “Ellispark sal voortleef” (Beeld, 13 Desember) het my laat terugdink aan 6 Augustus 1955, toe die grootste rugby­skare daar na die toetswedstryd tussen die Springbokke en Britse Leeus gekyk het.

Ek was in st. 7 en ons het van Carletonville oor Randfontein gery. Soos die manne op pad Ellispark toe meer word, so groei die verkeer. Rugbykaartjies verwissel van eienaar, sommer so in die ry. ’n Staanplek kos 5 sjieling; dit kos dubbel soveel op die swartmark.

Op Ellispark vergaap ek my aan al die mense. Die toe paviljoen is sommer klein teen die massas op die hoenderstellasies en staanplekke op die grondwalle.

Die meer as 90 000 mense maal en skreeu. Ek sien net die bal as dit hoog geskop word, maar hoor darem af en toe wat besig is om te gebeur. Dit is ’n tawwe stryd. Ons is agter. Met vyf minute oor beur Chris Koch sy weg oop na die doellyn. Net daarna druk Theuns Briers ook ’n drie. In beseringstyd is die telling 22-23. As die skop oor is, wen ons met een punt. Jack van der Schyff skop mis. Sy kop hang. Ek eindig agter die noordelike pale soos ek deur die rugbyskare “aangepass” is. Maar ek was daar.

Johan Lemmer 

Pretoria

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.