Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Steve, ons sal jou altyd liefhê

Vrydagaand, in ’n stampvol Kovsiekerk, het ons weer eens in vervoering geluister na die Bloemfonteinseun Steve Hofmeyr se konsert.

Met sy charisma het hy bykans twee uur lank die gehoor betower.

Wat ’n belewenis toe die hele gehoor saam met Steve “Die Stem” gesing het. Baie trane is weggepink.

Waar kry ons Afrikaners ooit die geleentheid om ons land se volkslied uit volle bors te sing, sonder verwyte en trots Suid-Afrikaans?

Ek skaam my vir die Huisgenoot Skouspel, Afrikaans is Groot, ­Jacaranda FM en vele ander wat Steve die rug toegekeer het.

Doen so voort, Steve! Jy is altyd welkom in Bloem!

Brenda Snyman

Bloemfontein

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.