Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Afrigters is ons groot probleem

Ek wil graag reageer op die berig “Ganguly sê Tiere sal beter baklei as SA”.

Dit is vir my doodeenvoudig dat die probleem primêr by die afrigting lê. Ons afrigters vertrou nie ons spelers se vermoëns nie.

Damian Willemse. Foto: Gallo Images

Met die wedstryd van die Junior Bokkies was hulle duidelik onder opdrag om nie in hul eie halfgebied te hardloop nie, al was die geleentheid daar.

Spelers soos Manie Libbok, Damian Willemse en Wandisile Simelane is dodelik op die aanval, maar mag nie volgens hul sterkpunte gespeel het nie.

Met ’n pak voorspelers wat in die vaste fasette oorheers het, het ek gedink ons was minstens 20 punte beter as Engeland.

Dieselfde geld die Proteas. Ons het met elke wedstryd só stadig begin kolf dat die res van die kolwers heeltyd onder onnodige druk was.

Ek wil ons afrigters vra om ons sportmanne toe te laat om alles in die stryd te werp. As ons dán verloor, weet ons die ander span is beter. Ons as ondersteuners het geen probleem daarmee nie.

Meer oor:  Damian Willemse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.