Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
‘Afrikaans blom in dubbelmedium-skool in VS’

Die brief van Hartseer Skoolhoof oor die “Afrikaanse skole in Bfn se morele dilemma” en die reaksie van lesers in die briewekolom noop my om ook ’n ander kant van die “dilemma” te belig.

Ek is ’n Afrikaanse onderwyser en ’n groot kampvegter vir Afrikaans.

Daarom wil ek vir die vegters van suiwer Afrikaanse skole vra of hul motiewe ­rakende die kwessie regtig suiwer is.

Gaan dit regtig vir hulle oor die behoud van Afrikaans, of liewer om die swart Engelssprekende leerlinge uit hul skole te hou?

Ek glo dat laasgenoemde eerder waar is.

Diegene wat hul kinders nie na ons “gemengde” skool wil stuur nie weens die swart leerlinge, is ook diegene wat Afrikaans verengels en alles wat Engels is, aanhang en aanhaal.

  • Om ’n parallelmedium-skool te word, beteken: NIE die verloor van jou Afrikaner-identiteit nie; ) NIE swakker dissipline nie; ) NIE laer standaard nie;) NIE ’n kultuurskok ná skool nie; ) NIE die afsweer van jou Christenskap nie.

As parallelmedium-skool sedert­ 1998, verseker ek u dat ons Afrikaanse kinders hul taal ten volle kan uitleef in verskeie ATKV-projekte

en telkens deurdring tot provinsiale­ en nasionale

vlak.

So pas het ons skool (die enigste skool in die Goudveld) se tweedetaalsprekers die provinsiale ATKV-spelkompetisie gewen en deurgedring na die nasionale kompetisie.

Afrikaans blom by ons skool en ons leerlinge word steeds in Afrikaans onderrig, al sou dit in ’n dubbelmedium-klas wees.

Ek nooi die Afrikaanse stryders uit om op ’n Maandagoggend te kom luister hoe die meerderheid Engelssprekendes die Drie-enige God in Afrikaans loof.

Selfs dat Engelssprekende leerlinge aanbied om die Boodskap suiwer tydens saalbyeenkomste te bring.

Geen Afrikaanse leerling het hul plek in ons skool verloor weens ’n swart kind wat in sy plek geplaas is nie.

Wit ouers maak plek (in die skool) omdat hulle ’n probleem met swart leerlinge het en hul kinders na sogenoemde wit skole neem.

Die ironie is dat die Afrikaanse leerlinge se matriekuitslae net so goed vergelyk met enige ander Afrikaanse skool en selfs beter nadat ­ander skole probeer het om die “room” na hulle te lok met beurse.

Dit is opvallend hoe die Afrikaanse skole slegs wit leerlinge werf met beursaanbiedings.

Indien ’n Afrikaanssprekende leerling by die Hoërskool Riebeeckstad sou skade ly weens ons samestelling, sal ek die eerste persoon wees wat ’n ouer sal afraai om sy kinders na ons skool te stuur.

Die teendeel is egter waar by ons.

Die getuienis is oorweldigend dat ons afgeronde mense die lewe instuur, met begrip vir almal in ons land, en ’n verskil maak.

Meer oor:  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.