Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Antwoord dié vrae oor gay-huwelik

NG lidmaat, Hartenbos, skryf:
Die NG Kerk het lankal reeds die saak oor gays in die kerk beredder met die sinodebesluit van 2007. Met dié besluit het NG lidmate geen probleem nie.

Die huidige dispuut gaan egter oor huweliksverbintenisse in die NG Kerk waarmee nie net streeksinodes nie, maar baie lidmate probleme het.

Ek het dr. Frits Gaum se artikel in Weekliks verlede week met aandag gelees. Miskien moet hy vir ons, as gewone lidmate, eerlik en opreg antwoord:

  • Beskou hy ’n huwelik tussen mense van dieselfde geslag as normaal of abnormaal, gegewe die skepping van man en vrou?
  • Kan hy vir ons bewyse uit die Bybel bring om so ’n huwelik skriftuurlik goed te keur?
  • Kan hy die NG Kerk die bewoording van ’n huweliksformulier gee om ’n huwelik met iemand van dieselfde geslag te voltrek?
  • Kan hy verduidelik wie die vader- en wie die moederrol vertolk as daar in so ’n huwelik kinders is (hetsy deur aanneming of andersins)?
  • Sal dit hom tevrede stel as dié saak skeuring in die NG Kerk bring?

Die ses streeksmoderators doen eenvoudig wat in die harte van die oorgrote lidmate van die NG Kerk is.

Ons woon in ’n demokrasie waar die politieke party, die verenigings of die kerk waartoe ek behoort op niemand afgedwing word nie.

Dit is mos die goeie reg vir enigeen wat nie tuis voel in die NG Kerk nie om ’n ander kerk wat hul goedkeuring wegdra te gaan soek.

Die skade wat Gaum en die ander tien beswaardes die NG Kerk aandoen, is ongevraagd en onverdiend.

Meer oor:  Brief  |  Gay Huwelike
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.