Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Benut die geskenk van veeltaligheid

MC Botha se siniese en simplistiese veralgemenings oor “taalbulle” (By, 4 Junie) dra niks van waarde tot die huidige debat oor Afrikaans en moedertaalonderrig by nie.

Wat hy en verskeie ander kommentators nie raaksien nie, is dat hierdie vrae nie net oor Afrikaans gaan nie. Dit het betrekking op al die amptelike tale van die land (behalwe natuurlik Engels) en hul toekoms as draers van kultuur en individuele en kollektiewe identiteitsvorming.

As Engelssprekende moet ek van harte erken dat dit ’n tragiese verlies sal wees as al ons kinders stap vir stap in ’n grys mengelmoes van pap geïnternasionaliseerde Engels moet beland.

Meertaligheid is ’n groot geskenk, en ons is in hierdie land besonder bevoorreg om die geleentheid te hê om dit onder mekaar te kan uitleef.

Daarom maak die Universiteit Stellenbosch, myns insiens, ’n groot fout deur ’n verontskuldigende en basies negatiewe taalbeleid te verkondig.

Die universiteit mis daardeur die geleentheid om homself voor te stel as ’n vrymoedige voorbeeld van hoe die belange van ’n spesifieke taalgroep (in hierdie geval nie Afrikaners nie, maar Afrikaanses) binne ’n multikulturele verband vreedsaam en met wedersydse respek uitgeleef kan word.

Dit is dan nie ’n kwessie van #AfrikaansMustFall nie – liewer #Xhosa, Zoeloe en ander Must Rise.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.