Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Breyten-optrede laat my wonder

Ek het die berig oor die vorming van nog ’n aksiegroep teen die Universiteit Stellenbosch onder voorsitterskap van ons mees uitstaande lewende digter, Breyten Breytenbach, met belangstelling gelees.

Dit laat my wonder wat oor Breyten se lewe geloop het dat hy nou die handperd van die anti’s geword het. Hy is nou die oud- en neo-Broeders se praatman oor, wat hy noem, “Skellumbosch”.

Hy het doelbewus Afrikaans aan Ikeys gaan studeer omdat hy nie vat aan “Skellumbosch” gehad het nie.

Om konsekwent te wees, moet hy seker ook universiteite soos Pretoria (prof. Flip Smit sal hom kan help), Vrystaat, die UK (vir Xhosa) en die Broeders se eertydse monument, die UJ, aanvat. Nadat Potch die rugby gewen het, is ek stil oor hulle.

Verder sal dit sy mede-anti’s help as hy hom permanent in Suid-Afrika, veral op Stellenbosch, sal vestig. Dan kan hy ons almal help om die universiteit verder uit te bou, ook met Afrikaans.

Meer oor:  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.