Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Briewe
Brief aan eerste burger
Madré van Tonder

Agbare Burgemeester

Ons as inwoners hier in Brandfort het ’n groot probleem. Daar is ’n yslike sloot in die teerstraat waar ek bly. Deur die jare het ons bure saamgestaan en die sloot met gruisklippe, mieliestronke en sand probeer opvul. Maar ná elke reënbui word die sloot ál dieper, en breër.

Ek hoef gelukkig nie deur die sloot te ry nie, want dis nie naby my motorhek nie. Maar, Agbare Burgemeester, Brandfort-Buurtwag se karre het al meer as een onderstel gebreek in ’n jaagtog deur die sloot. Hul karre poef-poef en stotter nou snags as gevolg van die skade.

Net ’n oomblik, Agbare, voordat u sê dis die groot lorries wat so in die strate afry se skuld. Een van die lorrie-eienaars het op ’n Saterdagmiddag teer uit sy eie sak gekoop en die sloot reggemaak. Dit het so ’n paar weke gehou.

Ons enigste verkeersbeampte is ’n verwarde man. Hy kan nie bepaal of ons onder die prop verkeer het as ons karre so swaai deur die strate nie.

’n Mamma se stootwaentjie het nou die dag in die sloot getiep. Die kindjie het op sy kop geval en ons almal wag om te hoor of daar breinskade gaan wees.

Die kindertjies wat kruiwaens van die township af stoot met leë emmers om water in die dorp te kry loop sleg deur. Hulle loop met feitlik leë emmers terug nadat hulle in hierdie sloot vasgesit het.

’n Mamma se stootwaentjie het nou die dag in die sloot getiep. Die kindjie het op sy kop geval en ons almal wag om te hoor of daar breinskade gaan wees.

Daar groei snaakse goed in die sloot, Agbare Burgemeester. Behalwe die mielies en kakiebos is daar elke dag nuwe sampioene wat oornag opspring. Kan u dink as honger kindertjies dalk daarvan gaan eet en vergiftig word? Iemand beweer hy het nou die dag ’n waterslang in die sloot gesien!

Ons vra dat u asseblief hierdie sloot laat herstel. Daar is reeds ’n petisie by u afgelewer, maar niks het gebeur nie. Nou raak dit doodsake. Oom Panna het net gister met sy elektriese rolstoel in die sloot vol water vasgesit. Amper doodgeskok, dit het gelyk of bliksemstrale uit die sloot opskiet. Paddas het in alle rigtings gevlieg.

Ons wag op Agbare Burgemeester se spoedige antwoord. Mag ek asseblief iets voorstel? Wat van ’n bruggie oor die sloot? Dit kan selfs ’n aanwins vir die straat wees. Seuntjies kan onder die bruggie gaan paddavissies vang. Daar kan troufoto’s op die bruggie geneem word. Die moontlikhede is eindeloos.

En Brandfort-Buurtwag se karre sal weer deur ons straat kan ry.

Dis tog nie ’n onbillike versoek nie, Agbare Burgemeester?

Meer oor:  Brandfort  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.